Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damvlakke: Reën red Wes-Kaap
’n Voetganger skuil onder ’n sambreel in die Kaapse middestad. Foto: Jaco Marais

Winterreën het die Wes-Kaap gered van ’n droogtekrisis. Damvlakke wat voor die winter op slegs 16% gestaan het, het Maandag tot 58% gestyg.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die damme wat water voorsien aan Kaapstad was Maandag 66% vol, vergeleke met 35% dieselfde tyd verlede jaar.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, was Maandag 48,65% vol, wat 3,43 persentasiepunte voller is as verlede week se 45,22%. Verlede jaar dieselfde tyd was dié dam 26,24% vol.

Ander damvlakke in die Wes-Kaap:

  • Die Voëlvleidam is 74% vol teenoor 68% verlede week en 26% verlede jaar;

  • Die Bergrivierdam is 97% vol teenoor verlede week se 93% en verlede jaar se 56%;

  • Die Clanwilliamdam is 98% vol teenoor verlede week se 99% en verlede jaar se 38,41%.

Bredell het mense gevra om steeds water te bespaar inaggenome die komende somerseisoen wanneer die vraag na water weer sal toeneem.

Die Kaapse metroraad sê dit is bemoedigend dat damvlakke gemiddeld tot bo 65% gestyg het ná die goeie laatwinterreën.

Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad, sê daar word gehoop dat dié reën genoeg motivering sal wees vir die nasionale departement van water en sanitasie om die waterbeperkings te verslap.

Indien waterbeperkings verslap word, sal dit baie konserwatief gedoen word. Daar kan nie na die ou manier van watergebruik teruggekeer word nie.

Neilson sê met die reën en besparing deur die meerderheid inwoners is damme voller as wat dit in jare was.

“Ons kan daarin slaag om ’n ramp te keer, maar moet nou oorweeg hoe om waterreserwes ten beste te bestuur vir die toekoms,” sê Neilson.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Ian Neilson  |  Theewaterskloofdam  |  Wes-Kaap  |  Droogte  |  Reënval  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.