Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte: Regering hef ramptoestand op

Die land se twee grootste landbou-organisasies het Vrydagoggend met groot ontevredenheid gereageer op die regering se besluit om die droogteramptoestand op te hef.

Dít te midde van die feit dat die droogte steeds in dele van die land woed.

Die droogte is in Maart tot 'n nasionale ramp verklaar om sodoende meer staatsfondse aan boere beskikbaar te kan stel.

Die aankondiging dat die ramptoestand opgehef word, is Donderdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Agri SA sê in reaksie hy wil die navorsing en verbandhoudende data sien wat tot die besluit gelei het.

TLU SA sê die rol wat die regering in ’n ramptoestand of buite ’n ramptoestand speel, is in elk geval basies dieselfde – en dit is omtrent niks nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting later.

LEES OOK: NDZ en haar departement ‘bedreig voedselsekerheid’

Meer oor:  Ramptoestand  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.