Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Regering se waterplig: Zille soek antwoorde

Die Wes-Kaapse regering soek dringend duidelikheid by die nasionale regering oor sy verantwoordelikheid vir geldelike steun om in te gryp by grootmaatwatervoorsiening in Kaapstad.

Helen Zille, die premier, het om dié rede Woensdag aan Nomvula Mokonyane, minister van waterwese en sanitasie, geskryf nadat Mokonyane die afgelope naweek die Moederstad rakende die waterkrisis en dreigende Dag Zero besoek het.

Helen Zille. Foto: Mlungisi Louw

Michael Mpofu, Zille se woordvoerder, het Woensdag gesê Zille se brief kom nadat dit die afgelope naweek onthul is dat finansiering vir grootmaatwatervoorsiening nie van die nasionale regering sal kom nie en dat die Bergrivier-Voëlvleidam-skema om Kaapstad se watertoevoer aan te vul slegs vanaf 2021 in werking sal wees.

Volgens Mpofu glo Zille egter dat dit van wesenlike belang vir die publiek is om tans minder as 50 liter water per persoon per dag te gebruik omdat dít die kritieke korttermynoptrede is wat almal kan neem om Dag Zero te vermy.

Zille hou vol dit is die nasionale regering se mandaat om grootmaatwater te voorsien, terwyl netwerkvoorsiening by munisipaliteite lê en provinsies oorsig-, ondersteunings-, moniterings- en rampbestuurmagte het.

Sy vra in die brief vir ’n gesamentlike taakspan bestaande uit die nasionale, provinsiale en plaaslike regering wat moet saamwerk onder die uitvoerende leierskap van Mokonyane, haarself (Zille) en die adjunkburgemeester van Kaapstad.

Mokonyane het intussen ook ingestem om volgende week met Zille te vergader.

Zille sit ook sewe “fundamentele beginsels” uiteen wat enige kort- en langtermynplanne ondersteun wat Kaapstad se watertoevoer moet aanvul.

In die brief stem Zille saam dat al drie regeringsfere hulle daarvan moet weerhou om die waterkrisis te politiseer.

“Geen doel word gedien deur vingers te wys en die blaam, polities of anders, te verskuif nie.

“Ons deel ’n grondwetlike plig om ons burgers se fundamentele regte te beskerm, wat enige besluit wat ons neem, moet rig,” lui die brief.

Zille sit ook sewe “fundamentele beginsels” uiteen wat enige kort- en langtermynplanne ondersteun wat Kaapstad se watertoevoer moet aanvul.

Dit is onder meer dat die:

  • voorsiening van grootmaatwaterinfrastruktuur en -verskaffing die verantwoordelikheid van die nasionale departement van waterwese en sanitasie (DWS) is;
  • verantwoordelikheid van die DWS om grootmaatwaterinfrastruktuur te verskaf ook die plig insluit om dit in tye van erge droogtes en noodsituasies te doen;
  • weiering om so ’n verantwoordelikheid vir die aanvulling van grootmaatwater te aanvaar, neerkom op ’n onwettige verplasing van verantwoordelikhede deur die DWS;
  • metro verskeie aanvullingsprojekte begin het om grootmaatwater tot die watertoevoerstelsel te voeg om Dag Zero te verhoed en dat die DWS met die finansiering daarvan moet help;
  • provinsiale regering midde-in die waterkrisis ’n aantal projekte oorweeg met betrekking tot die onderhoud (van waterinfrastruktuur) en dat baie daarvan daarop fokus om die grootmaatwatertoevoer na skole, hospitale, ensovoorts aan te vul;
  • premier saamstem dat die belangrikste maatreël uit ’n strategiese en rampbestuurperspektief om Dag Zero te vermy tans is om die wateraanvraag te verlaag, maar dat dit slegs gedoen kan word tot op ’n punt waar dit ’n impak begin hê op onder meer gesondheid en voedsel- en werksekerheid; en
  • DWS en die metroraad moet onderneem om ’n permanente oplossing vir die ontoereikendheid van Kaapstad se watervoorsieningstelsel oor medium- en lang termyn te beding.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.