Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
SA Water Warriors help boere in droë O-Kaap
Van die hartseer tonele in die droogtegeteisterde Wolwefontein-gebied in die Oos-Kaap. Foto: SA Water Warriors

Die noodlenigingsorganisasie South African Water Warriors het ’n projek begin om boere in die droogtegeteisterde Oos-Kaap te help.

Dié uitreikaksie vind op 31 Oktober in die Wolwefontein-gebied plaas, maar boere van plekke soos Steytlerville gaan ook gehelp word.

Pieter du Plessis, van SA Water Warriors in George, sê hulle het al vantevore hulp aan mense in die Oos-Kaap verskaf, maar dit is die organisasie se eerste groot uitreikaksie na die provinsie.

“Dit lyk bitter sleg daar. Ons het sowat 150 gesinne wat ons daar gaan help. Die groot ding is ons finansies wat getap is. Ons bestee alles wat in ons rekening is op so ’n uitreikaksie en begin elke keer van voor af. Ons staan maar vas in die geloof.

“ ’n Konvooi gaan van Kaapstad tot in George kom en ons het ook ’n konvooi wat van Johannesburg en Port Elizabeth af kom. Ons benodig skenkings en baie voer soos lusern of lusernkorrels, wat meer voedingswaarde vir die diere het, en water en kruideniersware.”

Hy sê boere van Steytlerville en Jansenville word ook gehelp. “Wolwefontein is die sentrale punt en lê op ’n hoofpad. Dit maak dit makliker vir die vrywilligers wat baie pap bande op grondpaaie kry omdat hulle swaar vragte ry, en dit is ook makliker vir die boere, want dan hoef hulle nie so ver uit te ry nie.”

Mense wat kan help, kan Du Plessis by 076 844 6435 bel, of die groep South African Water Warriors op Facebook besoek.

Die droogtegeteisterde Wolwefontein-gebied in die Oos-Kaap. Foto: SA Water Warriors

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Droogte  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.