Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Schwarzenegger kom praat oor Kaapse droogte
Arnold Schwarzenegger

Die Amerikaanse akteur en oudpolitikus Arnold Schwarzenegger gaan volgende jaar in Kaapstad aan ’n konferensie oor onder meer dié stad se droogte deelneem.

Hy sal die hoofspreker wees op die W12 Future of Water-konferensie wat in Mei gehou gaan word. Schwarzenegger het sy politieke loopbaan as goewerneur van Kalifornië gebruik om die omgewing te beskerm en besoedeling te verminder.

Die konferensie sal nie net op Kaapstad se waterkrisis fokus nie, maar ook op die res van die “Groot 12”-stede wat binnekort soortgelyke waterkrisisse kan ondervind. Dit sluit in São Paulo, Bangalore, Beijing, Kaïro, Djakarta, Moskou, Istanbul, Mexikostad, Londen, Tokio en Miami.

Belanghebbendes van al hierdie stede sal die konferensie na verwagting bywoon. Een van die doelwitte is om die ervarings van Kaapstad se hantering van die krisis te deel en te wys hoe gewone mense kan saamwerk om ’n krisis te voorkom.

Die geleentheid sal die eerste wees waar verteenwoordigers van die 12 groot stede waar die vraag na water groter as die voorraad gaan wees, byeenkom.

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Kaapstad  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.