Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Sewesrugby moet water bespaar

Sewesrugby is bekend vir sy partytjie-atmosfeer en daar word verwag dat die bier ook die naweek gaan vloei wanneer die tweede toernooi in die Wêreldreeks in Kaapstad aangebied word.

Dit word Saterdag en Sondag in die Kaapstad-stadion beslis.

Drink bier, nie water nie, vra die stad Kaapstad vir die naweek se sewesrugbytoernooi in die Moederstad.Foto: Gallo Images

Sowat 115 000 mense word in en om die stadion verwag en Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Woensdag op ’n nuuskonferensie in die stad ’n beroep gedoen dat mense geen water mors nie.

Die stad en omgewing gaan gebuk onder die ergste droogte in 100 jaar.

“Ek weet mense drink nie baie water by ’n sewestoernooi nie ... hulle drink bier,” skerts De Lille.

“Ons sal op die grootskerm boodskappe vertoon wat mense vra om water te bespaar. Ons moet dit vra sodat ons almal saam deur die droogte kan kom.”

De Lille sê al die spanne is oor die waterkrisis ingelig.

“Daar sal ook in die kleedkamers kennisgewings op wees,’ sê De Lille.

“Ons weet Kapenaars het reeds baie gedoen om water te bespaar. Ons het ’n noodplan. Alles is gereed vir die naweek.”

Die Blitsbokke wil die afgelope naweek se sukses in Dubai opvolg met ’n toernooi-sege in Kaapstad.

Die noordelike paviljoen sal ’n alkoholvrye een wees waar gesinne die rugby kan geniet.

Reg langs dit sal ’n plek wees waar kinders gratis kan speel.

Die suidelike paviljoen is die partytjie-paviljoen waar musiekgroepe op ’n verhoog sal optree.

Die Blitsbokke wil die afgelope naweek se sukses in Dubai opvolg met ’n toernooi-sege in Kaapstad.

Suid-Afrika se eerste groepwedstryd is Saterdag om 12:49 teen Rusland.

Kaartjies is uitverkoop. Toeskouers mag nie koelhouers, water en alkohol in die stadion inbring nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Sewesrugby  |  Patricia De Lille  |  Kaapstad  |  Besparing  |  Waterkrisis  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.