Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Só maak Kaapse sakelui gereed vir Dag Zero
Kaapse sakelui berei hulle voor vir Dag Zero.Foto: Nasief Manie

Net 11% van die sakeondernemings in Kaapstad sal hul werknemers huis toe stuur wanneer Dag Zero in die stad aanbreek.

Volgens ’n meningspeiling van die Kaapstadse Sakekamer sê 6,7% van Kaapse ondernemings dat hulle hul deure heeltemal sal sluit wanneer die dag aanbreek. Die meeste, 69%, sal aanhou om soos gewoonlik sake te bedryf.

Volgens ’n verklaring van die sakekamer beskou 79,4% van die ondernemings wat aan die meningspeiling deelgeneem het, die waterkrisis as ’n bedreiging vir hul ondernemings. In Oktober verlede jaar het net 51,4% die krisis as ’n bedreiging beskou.

“Dit is duidelik dat die ondernemings in Kaapstad glo dat daar te veel politiekery en te min behoorlike beplanning is,” sê Janine Myburgh, die president van die sakekamer.

Dié meningspeiling het meer as dubbeld die deelname gelok as vorige meningspeilings van die sakekamer.

“Die silwer randjie van die meningspeiling is die buitengewone pogings van ondernemings om in hul eie waterbehoeftes te voorsien en om vir die moontlikheid van Dag Zero voor te berei,” sê Myburgh.

“Ondernemings het groter vertroue in reënwatertenks, boorgate en nuwe tegnologie as in die konvensionele waterverskaffers. Die gevoel is dat die owerhede te min, te laat gedoen het en dat die enigste oplossing nou ’n groot ontsoutingsaanleg is, eerder as die klein aanlegte wat die metro voorgestel het,” sê sy.

Die meningspeiling onthul dat 87% van ondernemings hul watergebruik meer as gehalveer het.

Planne om voort te gaan met sake nadat Dag Zero aangebreek het, sluit in chemiese toilette in die kelderverdiepings en om werknemers te vra om hul eie water werk toe te bring.

Talle firmas sê dat hulle gebottelde en tenkwater opgegaar het en ander verkry gereeld water uit fonteine. Sommige firmas het gereël om water van ander gebiede in die land te verkry.

Talle maatskappye het gesê dat hulle beplan om in skofte te werk sodat hul personeel tyd sal hê om in toue te gaan staan vir water.

Oor hoe hulle beplan om hul watervoorraad aan te vul, het 55% gesê dat hulle reënwater sal opvang, terwyl 33% gesê het dat hulle boorgate en waterputte sal gebruik.

In een geval het ’n eiendomseienaar ’n huurder uit sy gebou laat verwyder en R15 000 per maand se huurgeld daarmee prysgegee omdat dié huurder te veel water gebruik het.

Altesaam 17% het gesê dat hulle herwinde water wat die metro verskaf, sal gebruik. Altesaam 5% vang water uit die lug op. Verskeie maatskappye sê dat hulle hul eie tru-osmose-ontsoutingstelsels beplan.

Die meningspeiling dui ook daarop dat groot beleggings in gryswaterstelsels gemaak word.

Op ’n groter skaal het ander begin om borde en koppies van papier te gebruik, eerder as om water te gebruik om skottelgoed mee te was. Restaurante sê hulle sal nie meer laptafeldoeke gebruik nie.

In een geval het ’n eiendomseienaar ’n huurder uit sy gebou laat verwyder en R15 000 per maand se huurgeld daarmee prysgegee omdat dié huurder te veel water gebruik het.

Myburgh sê die waterkrisis raak Afrika se top-toerismebestemming en dat dit ondernemings se geldsake raak omdat hulle geld moet bestee om in hul eie waterbehoeftes te voldoen.

Die landbou sal ook ly, wat lei tot minder indiensneming en verminderde belastinginkomste vir die regering.

Ander nagevolge sluit in bedreigings vir openbare gesondheid weens sanitasiegeriewe wat deur die watertekort geraak word, en bedreigings vir die maatskaplike orde.

Meer oor:  Droogte  |  Dag Zero  |  Ondernemings  |  Sakelui  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.