Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Spaar meer ná swak reën, vra departement

Die departement van water en sanitasie (DWS) het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waterbesparing te verskerp weens damvlakke wat begin kwyn ná swak reënval oor groot dele van die land.

Volgens die departement is die land veronderstel om in die “middel van swaar neerslae” te wees, maar wisselvallige reënval het daartoe gelei dat damvlakke aanhou om skerp te daal terwyl ander stagneer.

Luidens die departement se weeklikse verslag oor damvlakke het die gemiddelde vlak vir die land die afgelope week van 64,3% tot 63,6% gedaal.

“Die Makhanda (Grahamstad)-munisipaliteit in die Oos-Kaap ervaar die ergste waterkrisis tot nog toe. Daar word verwag dat die inwoners binnekort kan toustaan by watertenks as dit nie in die volgende paar dae reën nie.”

In die Oos-Kaap het die gemiddelde damvlak van 58% tot 57,4% vandeesweek gedaal en was dit verlede jaar oor dieselfde tydperk ook op dié vlak.

Noord-Wes se gemiddelde damvlak staan op 58% en is veel laer as dié tyd verlede jaar. Die Potchefstroomdam se vlak het van 100,4% tot 94,5% gedaal, die Boskopdam tot 67,3% en die Taungdam tot 82,8%.

In Gauteng het die Vaaldam se vlak van 75,2% tot 74,1% afgeneem. Die geïntegreerde Vaalrivierstelsel se vlak staan op 69,2%, teenoor 72,4% oor dieselfde tydperk verlede jaar.

Die Vrystaat se gemiddelde damvlak het van 73,4% tot 72,4% die afgelope week gedaal, terwyl dit verlede jaar dié tyd op 64,9% gestaan het.

In Limpopo is die gemiddelde damvlak op 60,1% ook laer as verlede jaar, toe die vlak oor dieselfde tydperk 66,1% was.

Mpumalanga se gemiddelde damvlak is byna tien persentasiepunte laer as dié tyd verlede jaar en dit het die afgelope week tot 67,6% gedaal. Verlede jaar het die vlak op 76,9% gestaan.

In KwaZulu-Natal het die Umgenistelsel se vlak van 60,5% tot 59,9% afgeneem, terwyl dit verlede jaar 51,2% was.

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het van 51,4% tot 49,6% gedaal – teenoor 25,3% dié tyd verlede jaar.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, se vlak het van 48,4% tot 47,4% afgeneem en die Clanwilliamdam se vlak het ’n stewige daling van 63,8% tot 57,6% gesien.

In die Noord-Kaap het die gemiddelde damvlak ook van 70,5% tot 69,8% gedaal.

Meer oor:  Damvlakke  |  Reën  |  Waterbesparing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.