Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Speel oop kaarte oor droogtehulp in O-Kaap, sê DA

Die Oos-Kaapse regering hou die publiek doelbewus in die duister en moet oop kaarte speel oor die manier waarop die beloofde droogtehulp toegeken word.

So sê die DA in die Oos-Kaap, wat nou ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) vir alle droogtehulpdokumente en -kontrakte vra.

Dit hou verband met die aanwending van R74 miljoen vir droogtehulp, wat deur die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming vir die finansiële jaar van 2019-2020 beskikbaar gestel is.

Retief Odendaal, DA-woordvoerder vir landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, sê in ’n verklaring hy het reeds verskeie keer gevra dat die betrokke departement die portefeuljekomitee op hoogte hou oor die vordering met droogtehulp in die provinsie. “Nou blyk dit dat ons doelbewus in die duister gehou word.”

Volgens georganiseerde landbou in die Oos-Kaap wil dit voorkom asof die departement van landbou geen oudits doen om die akkuraatheid van die aantal lewende hawe, wat suksesvolle droogtehulp-aansoekers verklaar het, te bevestig nie. In teenstelling met die departement se eie beleid oor die droogtehulp-verhouding, blyk dit daar is ? wanbalans in die toekenning van droogtehulp aan kommersiële en kleinboere.

Die DA vra in sy Paia-aansoek onder meer inligting oor die tenderbesonderhede, kontrakooreenkomste, prysspesifikasies, verskaffingsooreenkomste en verspreidingsplanne van die R74 miljoen.

Odendaal het die LUR vir landbou, Nomakhosazana Meth, in ’n brief gevra om dringend in te gryp, maar ook gewaarsku dat die DA die departement se volle samewerking ten opsigte van die Paia-aansoek verwag.

“Die droogte is die grootste enkele bedreiging waardeur die mense en die ekonomie van die Oos-Kaap in die gesig gestaar word. Nietemin blyk dit dat u departement met ‘kat-en-muis-speletjies’ besig is,” skryf Odendaal.

Meer oor:  Da  |  Retief Odendaal  |  Oos-Kaap  |  Droogtehulp  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.