Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Stellenbossers kry nou ook raps meer water

Stellenbosch gaan ook nou hul waterbeperkings verslap.

“Ná noukeurige oorweging en na aanleiding van aanbevelings deur die nasionale en provinsiale regerings, is ek bly om aan te kondig dat ons die waterbeperkings vanaf 1 Oktober van vlak 6B tot vlak 5 sal verslap,” het adv. Gesie van Deventer, uitvoerende burgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit, gesê.

Adv. Gesie van DeventerFoto: Lise Beyers/Paarl Post

Dit beteken dat elke mens nou 70 liter water per dag kan gebruik, in plaas van 50 liter.

“Die onlangse winterreëns het ons damme gehelp om vol te raak en die damme wat die Wes-Kaap van water voorsien, is nou 68% vol.”

Sy sê sy wil graag alle inwoners en sakeondernemings bedank vir hul samewerking om die afgelope paar maande water te bespaar, maar het gevra dat almal steeds water spaarsamig moet gebruik.

Dit is steeds verbode om munisipale drinkwater vir tuine, waterfonteine, die volmaak van swembaddens, die natspuit van geplaveide gebiede en die was van voertuie te gebruik.

Mense met navrae oor presies wat vlak 5-waterbeperkings behels, kan 021 808 8215/8953/8343 bel of ’n e-pos stuur aan engineering.services@stellenbosch.gov.za.

Met vlak 4-waterbeperkings het die watertariewe nie gestyg nie om inwoners teen hoër watertariewe te beskerm. Tariewe bly dus onveranderd tot tyd en wyl die waterbeperkings tot onder vlak 4 daal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.