SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Droogte
Strenger waterperke vir Mosselbaai-area

Die damvlakke in die Mosselbaai-omgewing in die Suid-Kaap daal steeds stelselmatig, ondanks onlangse goeie reën wat hier geval het.

Strenger waterbeperkings en toepaslike watertariewe geld vanaf Vrydag in die munisipale gebied.

Die Wolwedansdam

Die Mosselbaai-munisipaliteit sê die Klipheuweldam se vlak staan nou op 48,79%. Die Wolwedansdam was volgens die munisipaliteit vandeesweek 51,04% vol ondanks 14,2 mm reën wat hier geval het.

Die strenger waterperke is ingestel om inwoners aan te moedig om slegs water te gebruik wat hulle nodig het, volgens ’n verklaring.

Goedgekeurde watertariewe sal in werking tree op die datum wanneer die gemiddelde damvlak onder 50% daal. Die tariewe vir watergebruik sal op daardie datum met 50% styg. Die basiese tarief bly egter dieselfde, volgens die munisipaliteit.

Nie alle watermeters sal gelees word op die datum van die inwerkingstelling van die hoër tariewe nie. Verbruik tussen die datums (wanneer die meters gelees word voor en ná die datum van inwerkingstelling) sal gebruik en in verhouding gebring word om die rekening te bereken ingevolge die hoër tariewe.

Die munisipaliteit sê die waterbeperkings word ingestel gestel uit nood en om die druk op die waterbronne te verlig.

’n Kennisgewing is van die Breede-Gouritz-opvangsbestuursagentskap ontvang om waterverbruik te beperk. Indien die damvlakke tot onder 30% daal, sal die ontsoutings- en herwinningsaanleg weer ten volle in bedryf gestel word ingevolge voorskrifte van die departement van water en sanitasie.

Só werk die waterbeperkings

Tuine mag slegs twee keer per week tussen 18:00 en 19:00 natgelei word op Dinsdae en Vrydae (huise met ongelyke nommers) en Maandae en Donderdag (huise met gelyke nommers). Geen besproeiingstelsels mag gebruik word nie. Tuinslange mag slegs gebruik word indien dit met die hand vasgehou word.

Slegs krieketvelde, rolbalbane en gholfbane se setperke mag Dinsdae en Vrydae voor 09:00 vir twee uur lank natgemaak word.

Die afspuit van dakke, opritte of enige ander oppervlakke word verbied, asook die was van voertuie met ’n tuinslang.

Swembaddens mag nie opgevul word nie.

Verblyfplekke en hotelle moet ’n versoek aan die munisipaliteit rig om swembaddens vol te maak.

Plekke met ’n hoë waterdruk moet geïdentifiseer word sodat toestelle geïnstalleer kan word om die druk te verlaag.

* Die munisipaliteit het vroeër gewaarsku indien die beskikbare watervolume verder tot tussen 40% en 50% daal, sal nog strenger voorwaardes, tariewe en polisiëring geld. Mense wat meer water verbruik, sal ’n verhoogde tarief betaal.

Meer oor:  Droogte  |  Mosselbaai  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.