Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Suid-Afrikaners sal water spaarsamig moet gebruik

Hoewel Suid-Afrika – vir nóú – genoeg water het om deur die komende winter te hou, kan dit opdroog as inwoners nie dié hulpbron spaarsamig gebruik nie.

Die departement van water en sanitasie sê in ’n verklaring die land het tans 23 809,2 m³ water in voorraad te danke aan stabiele damvlakke die afgelope twee weke.

Dit is teen ’n gemiddeld van 73,7% egter reeds 6,2% minder as verlede jaar dié tyd, lui die departement se verslag.

“Suid-Afrika gaan ’n hidrologiese siklus binne wat die koue en droë winter binneland toe stoot, terwyl die Wes-Kaap se nat seisoen hopelik sal volhou met aanhoudende reëns. Die damvlakke in dié provinsie staan op 33,7%.”

Gauteng het die hoogste damvlakke met 96,8% water, maar ook dié syfer is 6% laer as verlede jaar.

In die Vrystaat staan die damvlakke op 88,4%, terwyl die Noord-Kaap s’n 81,6% is. Ook Mpumalanga se damvlakke het konstant gebly op 74,2%.

Oos-Kaap-gebiede soos die Gamtoosvallei en Makhanda is egter byna uit hul voorraad drinkbare water uit en laasgenoemde se inwoners maak reeds gebruik van tenkwater vir hul basiese behoeftes.

Die onlangse vloede in Port St. Johns in die Oos-Kaap het verder bygedra tot skade aan die infrastruktuur en die Nqweba-dam is byna leeg met ’n vlak van 1,5%.

Ook KwaZulu-Natal ly nog onder die storms wat dit getref het en hidroloë vrees die provinsiale damvlakke sak weens die groot hoeveelheid reënwater wat reguit see toe vloei.

Noordwes-gebiede soos Mahikeng, Zeerust en Lichtenburg moet ook op tenkwater steun, terwyl die damvlakke in Limpopo taamlik hoog bly, sê die departement.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.