Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Suid-Kaapse damme nog voller ná reën

Die Raubenheimerdam in Oudtshoorn se vlak was Woensdag op 53,54% nadat dit onlangs nog minder as 40% vol was.

Die damme van ander dorpe in die Suid-Kaap is ook voller ná onlangse goeie neerslae.

Die Tuinroetedam in George. Foto: Verskaf

In die Hessequa-distrik het damvlakke met sowat 10% gestyg, volgens die Hessequa-munisipaliteit.

Die Korentepoortdam is 57% vol teenoor 51% op 20 Januarie, die Duivenhoksdam 100%, die Olive Grovedam 67% en die Jongensfonteindam 100% – 135 mm reën het tot dusver vandeesmaand in die distrik geval.

Volgens die munisipaliteit gaan die Hessequa-streek steeds gebuk onder baie droë toestande en is die droogte nog ver van verby. Die streek is ook baie afhanklik van ondergrondse bronne en hoewel damvlakke gestyg het, is vlak 3-waterbeperkings steeds van krag in Albertinia, Riversdal, Heidelberg en Slangrivier. Vlak 2-waterbeperkings geld in Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein en Witsand. Die publiek word steeds daarop gewys dat hulle water spaarsamig moet gebruik.

Die Tuinroetedam in George se vlak was Woensdag 99,48% (voorheen 91%) maar vlak 2-waterbeperkings geld steeds.

Volgens inligting van die Mosselbaai-munisipaliteit was die Wolwedansdam Dinsdag 66,72% vol. Vlak 1-waterbeperkings geld in Mosselbaai, waarkragtens inwoners versoek word om vrywillig 10% van hul normale waterverbruik te bespaar. Tuiniers mag weer tuinslange of outomatiese besproeiingstelsels gebruik om tuine nat te lei.

Indien damvlakke egter tot onder 60% val, kan strenger waterbeperkings weer ingestel word.

Meer oor:  Raubenheimerdam  |  Oudtshoorn  |  Damvlakke  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.