Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Sutherland-boere probeer staande bly in droogte

Hulp word dringend benodig met onder meer ruvoer en mielies om boere in Sutherland en die omliggende gebied in die Noord-Kaap staande te hou.

’n Plaas in die droogtegeteisterde Sutherland.

Hester Obermeyer van die Sutherland-droogtekomitee sê die Save the Sheep-projek poog om tans elke drie weke minstens drie vragte mielies te koop en vervoer geborg te kry om die las op boere ligter te maak.

“Die mielieprys wat bly styg is vir ons ’n groot bekommernis, veral nou in die winter, want ons boere is platsak. Sutherland se winters is bitter straf en daarom het ons diere meer kragvoer vir energie nodig om net te kan oorleef. Die boere se spaarvarkies is leeg,” sê sy.

Volgens haar is almal in ’n krisis wat voer betref omdat die droogte so verskriklik lank aanhou en daar gevolglik so baie dorpe in nood is.

“Ons kort baie dringend skenkings van ruvoer, asook mielies en donasies om ons boere staande te hou. Ons probeer elke rand tot op die uiterste rek,” sê sy.

“Tesame hiermee dryf ons verskeie projekte om fondse in te samel om voer te kan subsidieer. Ons hou steeds moed en probeer steeds werk met dit wat ons het.”

* Vir meer inligting, besoek die Facebook-blad Save the Sheep Sutherland by of skakel Obermeyer by 071 3819 256 of Sybil Visagie by 071 256 6795.

Meer oor:  Sutherland  |  Droogte  |  Boere  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.