Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Swaar reën op pad na binneland

Swaar reën wat op plekke kan lei tot oorstromings, word van Dinsdagaand voorspel vir die oostelike, noordelike en sentrale binneland. Dié reën sal waarskynlik tot Donderdag duur.

Die hittegolf van die laaste paar dae in die binneland is iets van die verlede en volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) kom ’n heel ander weerstelsel nou in plek vanweë ’n oppervlak-hoogdrukstelsel wat vogtige lug van die Indiese Oseaan uit die ooste na die sentrale dele van die land sal bring.

’n Opwaartse lugdruktrog trek tropiese vog van Angola na die sentrale en noordoostelike dele van Suid-Afrika.

Die suide van Gauteng, die noorde van die Vrystaat en dele van Noordwes kan Woensdag swaar reënval van tot meer as 50 mm verwag.

Die suide van Gauteng, die noorde van die Vrystaat en dele van Noordwes kan Woensdag swaar reënval van tot meer as 50 mm verwag. Oorstromings kan voorkom.

Teen Donderdag kan donderstorms in die sentrale dele van Noordwes en in die noordweste van die Vrystaat moontlik tot verdere oorstromings lei.

Veral sekere informele en formele nedersettings is kwesbaar. Paaie oor laagwaterbrûe en in laagliggende gebiede kan ook gesluit word. Veral haelbuie kan probleme op paaie veroorsaak.

Op plekke kan sterk wind en hael lei tot skade aan infrastruktuur.

Die SAWD sal dié weerstelsel monitor en verdere inligting bekend maak indien nodig. Die publiek word aangeraai om gereeld na die weervoorspellings te luister.

Meer oor:  Weerburo  |  Binneland  |  Oorstromings  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.