Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Talle damme in Oos-Kaap voller as ’n jaar gelede

Die grootste deel van die Oos-Kaap is vasgevang in ’n droogtegreep en damvlakke is steeds onder druk, sê die departement van water en sanitasie in ’n verklaring.

’n Vroeëre foto van die Kougadam. Foto: Lourens Schoeman

Volgens die departement toon sy weeklikse opname van opgaardamme ’n daling van 0,2% tot 66,4% op 27 September teenoor 66,6% in die vorige week.

“Die inhoud van damme wat water aan die Nelson Mandela-metro verskaf, het egter verbeter. Die Kougadam is 50% vol teenoor 14,4% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die Kromrivierdam is 100,3% vol teenoor 12,2% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die

Impofudam staan op 37,0% teenoor 34,3% die vorige week. Die Loeriedam se vlak het effens gedaal van 100,5% tot 96,8%.

Volgens die departement het die inhoud van die damme wat die Amathole-distrik en die Buffalo City-metro bedien ook verbeter. Die Nahoondam was op 27 September 67,2% vol. Die Xilinxa-dam is steeds 44,8% vol. Die Bridle Driftdam is 62,5% vol, teenoor 43,4% in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die Laingdam se inhoud staan op 99,9%.

Die departement doen ’n beroep op mense om water steeds spaarsamig te gebruik en ag te slaan op munisipaliteite se waterbeperkings.

Meer oor:  Kougadam  |  Oos-Kaap  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.