Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Tariewe in Kaapstad val ná beperkings verslap word

Watertariewe in Kaapstad is aansienlik verminder met die aankondiging dat waterbeperkings verslap word.

Die huidige streng waterbeperkings word van Oktober af van vlak 6B tot vlak 5 verslap, het Ian Neilson, adjunkburgemeester, aangekondig.

Neilson het dié aankondiging gemaak in lig daarvan dat die Kaap se opgaardamme naastenby 70% vol is, ’n beduidende verbetering teenoor die 38% wat onlangs teen die einde van die winter gemeet is.

“Die uiters lae watervlakke het in Februarie daartoe gelei dat vlak 6B-waterbeperkings ingestel moes word.

“Omdat Kapenaars geluister het toe ons ’n beroep op hulle doen om water spaarsamig te gebruik, en danksy gevorderde druk- en waterbestuursprogramme wat ingestel is deur die stad, is die ergste scenario’s vermy,” sê Neilson.

In ooreenstemming met die vlak 5-waterbeperkings is die volgende van toepassing:

* Die waterperk vir huishoudelike waterverbruik word vanaf 50 liter tot 70 liter water per persoon per dag verhoog;

* Die verhoging van die totale waterverbruiksdoelwit van die stad vanaf 450 miljoen liter per dag tot 500 miljoen liter per dag;

* Die verslapping van waterbeperkings vir kommersiële en industriële verbruikers vanaf 45% tot 40%; en

* ’n Verlaging in tariewe.

Residensiële tariewe (BTW uitgesluit):

0 tot 6 kl: verlaag van R28,80/kl tot R21,19/kl

10,5 kl: verlaag van R46/kl tot R34,43/kl

10 tot 35 kl: verlaag van R120,27 tot R52,39/kl

Bo 34 kl: verlaag van R1 000/kl tot R300/kl

Ter illustrasie

Kommersiële en industriële tariewe verlaag vanaf R45,75/kl tot R37,50/kl.

Gisela Kaiser, uitvoerende direkteur vir informele nedersettings, water en sanitasie, sê met die vlak 6B-waterbeperkings in plek, was die stad se verbruiksteiken 450 miljoen liter per dag, maar hulle het dit nooit gehaal nie.

“Ons is nou rondom 500 miljoen liter per dag, die ideaal is om hierby te hou. Dit is ook die verbruikersteiken met vlak 5-waterbeperkings in plek. Ons moedig nie mense aan om meer water te gebruik nie, maar met die 500 miljoen liter kom ’n verskillende teiken.

“Mense gebruik reeds meer as 50 liter water per dag, ons vra net nou die regte prys om in ooreenstemming te kom met die 500 miljoen liter per dag,” sê Kaiser.

Kaapstad het die moontlikheid van die verslapping van waterbeperkings einde Julie met die departement van water en sanitasie bespreek, toe die damvlakke 50% oorskry het.

Neilson sê ’n ooreenkoms is ná afloop van dié vergadering bereik om ’n geleidelike verslapping van die algehele waterbeperkings in te stel.

“Met vlak 5-waterbeperkings in plek, is ons vol vertroue dat die beduidende gedragsverandering wat ons met betrekking tot waterbesparing gesien het, in ’n groot mate steeds sal heers.”

Verdere besluite rakende aanpassings in die toekoms sal geneem word sodra die departement van water en sanitasie besluite geneem het oor die nuwe hidrologiese jaar.

Neilson sê hoewel die departement onderneem het om teen 31 Augustus ’n antwoord te gee, blyk dit hy is huiwerig om enige aanpassings te maak voor die einde van die hidrologiese jaar einde Oktober.

“Ons sou verkies het om ’n antwoord te kry, maar ons het nie. Ons het geen doel daarin gesien om met die vlak 6B-waterbeperkings voort te gaan nie, want daar is genoeg water in die damme.”

Neilson het bygevoeg dat die stad beplan het om die verlaagde waterbeperkings op 1 September in werking te stel, maar hy wag nog op goedkeuring van die departement.

Meer oor:  Droogte  |  Watertariewe  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.