Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Tenkwaens met water vir O’hoorn gevra

Die DA in die Wes-Kaap het die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gevra om tenkwaens met water aan die droogtegeteisterde Oudtshoorn se gemeenskap te voorsien.

Die Raubenheimerdam in Oudtshoorn. Foto: Jackie Kruger

Oudtshoorn se stadsraad het die dorp verlede maand as ’n droogterampgebied verklaar weens kwynende waterbronne.

Teen die huidige tempo waarteen water uit die Raubenheimerdam onttrek word, het Oudtshoorn nog vir sowat 160 dae water, sê Tertius Simmers, DA-LPW en woordvoerder vir omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, in ’n verklaring.

Dinsdag was die Raubenheimerdam 31,54% vol.

Volgens Simmers is noodwatertariewe deur Oudtshoorn se stadsraad goedgekeur en sedert 1 September van krag.

In Dysselsdorp sal die opknapping van die afvalwater-aanleg teen Desember voltooi wees. Die afvalwater sal gebruik word om sportterreine mee te besproei. Dit sal ook tot die besparing van munisipale drinkwater lei.

Danksy drie boorgate van die Klein-Karoo se landelike watervoorraadskema in die Kammanassieberge naby Dysselsdorp sal geen water uit die Raubenheimerdam benodig word vir die skema nie.

Die huidige watervoorraad vir De Rust kom van die Huisrivier in die Swartberge, maar dit is net voldoende vir die wintermaande. ’n Pypleiding tussen Dysselsdorp se waterbehandelingsaanleg en die hoofreservoir in De Rust sal genoeg water regdeur die jaar aan De Rust verskaf.

Meer oor:  Raubenheimerdam  |  Da  |  Oudtshoorn  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.