Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Tog deur Karoo om boervroue te bederf

Toe Antoinette Harris-Coetzee, ’n haarkapper van die Paarl, onlangs lees dat die droogte in die Noord- en Oos-Kaap selfs plattelandse kerke se deure laat sluit omdat boere nie kan bekostig om kerk toe te ry nie, was sy geskok.

Henneleen Watts, haarkapper van die Paarl, neem Denise Minnaar van naby Graaff-Reinet onderhande tydens die Scissors on the Move-uitreik na boere in die Karoo. Foto: Verskaf

Maar soos ’n boer, maak ’n haarkapper ook ’n plan.

Uiteindelik het ’n span van 15 vrywilligers, waaronder haarkappers, barbiere, ’n grimeerkunstenaar, fotograwe, ’n kok en bestuurders die langpad Karoo toe aangepak. Dít om met hul talent en ervaring in hul onderskeie beroepe hoop te bring vir ’n droogtegeteisterde gemeenskap.

Die span se eerste stop was op Cradock waar Lèta Haarkappers hul salon vir die dag aangebied het. Hier is sowat 80 boervroue, boere en kinders deur die kundiges onder hande geneem.

Denise Minnaar, ’n boervrou en landskapsontwerper van tussen Graaff-Reinet en Murraysburg, sê dié afspraak was ’n groot bederf en verrassing wat deur ’n vriendin vir haar gereël is.

Jolanda Meyer, ’n fotograaf van die Paarl, glo “as ’n mens goed lyk, dan vóél ’n mens ook goed”.

Die span het ’n afstand van 2 000 km oor agt dae afgelê en was ook op Beaufort-Wes, waarna hulle ook by Merweville en Laingsburg aangedoen het. Volgens Jolanda was dit die vrygewigheid van borge wat uiteindelik die reis moontlik gemaak het.

  • Vir meer inligting oor die Scissors on the Move-projek, bel Jolanda by 062 566 2312.
Meer oor:  Karoo  |  Droogte  |  Geldinsameling  |  Kerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.