Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Tonne gebottelde water op pad na Beaufort-Wes

Die ramphulporganisasie Gift of the Givers sal na verwagting Vrydag tonne gebottelde water aan die droogtegeteisterde Beaufort-Wes in die Wes-Kaap aflewer.

Die organisasie sê hy het omstreeks 09:00 begin om vragmotors met gebottelde water te laai by sy Maitland-pakhuis in Kaapstad.

Gift of the Givers neem Vrydag tonne gebottelde water na die droogtegeteisterde Beaufort-Wes. Foto: Twitter

Gift of the Givers se hulp kom as ’n noodmaatreël om die munisipaliteit, sy gemeenskap en vakansiegangers te help,” sê dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die organisasie.

“Gift of the Givers help sedert November 2017 in Beaufort-Wes met R10 miljoen se waterprojekte, waaronder die sink van vyf boorgate naby die Gamkadam, twee boorgate by skole en twee boorgate by ouetehuise op die dorp.

“Honderde tonne gebottelde water is sedert Augustus 2018 gestuur. Finansiële steun van die regering sal ons in staat stel om meer boorgate op strategiese terreine te sink om die wateruitdaging gedeeltelik te verlig totdat dit reën,” sê hy.

Sooliman vra alle reisigers wat deur Beaufort-Wes ry om gebottelde water by Gift of the Givers se kantoor af te laai. Dit is duidelik sigbaar op die hoofpad.

Beaufort-Wes is afhanklik van drie verskillende waterbronne – die Gamka-, Springfontein- en Walkerdam, 36 boorgate en ’n waterherwinningsaanleg.

Die munisipaliteit sê in ’n verklaring die droogte het sy tol geëis en die munisipaliteit kan nie meer water aan sy inwoners verskaf om te voldoen aan basiese dienste en behoeftes nie.

“Die dorp is letterlik op sy knieë om maniere te vind om water aan die gemeenskap te verskaf. Noodwater in bottels in die twee bergingsaanlegte raak min omdat die munisipaliteit elke dag 14 000 liter water uitdeel. Elke huishouding kry 10 liter,” lui die verklaring.

In die afwesigheid van reën, lewer net 27 van die 40 boorgate tans water. Die waterherwinningsaanleg is twee maande laas versien en word eerskomende naweek weer versien.

Dit sal daartoe lei dat groot dele van die dorp geen toegang tot water het nie. Al drie reservoirs se watervlak is kritiek laag en sukkel om watter aan die gemeenskap te voorsien.

Die situasie word vererger deur toeriste en reisigers wat deur die dorp ry.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Beaufort-Wes  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.