Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Verligting vir boere ná regering hulp van R100 m. beloof

Oos-Kaapse kommersiële en opkomende boere het vandeesweek ’n mate van verligting ervaar toe die Oos-Kaapse regering bekend gemaak het dat R100 miljoen beskikbaar gemaak gaan word vir droogtehulp, nadat 1 500 boere daarom aansoek het.

“Die meeste boere se spens is al vir etlike jare leeg. Hulle het geen gestoorde voorraad om op terug te val nie,” het Peter Cloete, visepresident van Agri Oos-Kaap, gesê en bygevoeg dat hulle dringend die regering se bystand benodig. 

“Boere moet dringend toegang kry tot die R74 miljoendroogtehulp wat deur die provinsiale regering beskikbaar gemaak is. 

“Voeg daarby die R600 miljoen waarvoor op nasionale vlak aansoek gedoen is vir droogtehulp, dan sal hierdie krisis ten minste bestuur kan word,” het Cloete gesê.

Hy het bygevoeg dat hy weens die droogte van baie van sy vee ontslae moes raak. 

“Ons beskou ons werknemers as deel van die familie, nie net getalle nie, maar ons moes van hulle ook reeds laat gaan. So moeilik as wat dit is, moes ons weens die ekonomie ook sommige werknemers laat gaan.”

Hy het ook gesê dat verbruikers binnekort die gevolge van die droogte sal voel wanneer produksie val en duurder produkte ingevoer sal moet word. 

“Dit is belangrik dat die landboubedryf en die regerings-amptenare kwartaalliks vergader om te bepaal wat in die toekoms verwag kan word, probeer bepaal wat problematies kan wees, en dit probeer oplos voordat dit ’n krisis word.” 

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Landbou  |  Droogtehulp  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.