Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Vlak van opgaardamme in O-Kaap daal skerp

Koppe word bymekaargesit in die Oos-Kaap om die waterskaarste in sekere dele van die provinsie te probeer oplos.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement van menslike nedersettings en waterwese en sanitasie, sê ’n komitee is op die been gebring wat uit lede van dié departement, die Oos-Kaapse regering en die verskillende munisipaliteite in die provinsie bestaan.

Die komitee reis deur die provinsie met die doel om met doeltreffende oplossing vorendag te kom voordat die krane in die droogtegeteisterde dele van die provinsie heeltemal leegloop.

Luidens die departement se weeklikse verslag oor damvlakke het die gemiddelde watervlak van opgaardamme in die provinsie skerp gedaal. Dit is nou 50,7% teenoor 64,6% dieselfde tyd verlede jaar.

“Dit wys dat ons pogings om water te bespaar opgeskerp moet word. Dit moet ’n lewenswyse word,” lui die departement se verklaring.

Die departement werk saam met die Amathole-distriksmunisipaliteit om boorgate te sink in sekere dele van die provinsie. Hulle bekyk ook die moontlikheid om die Nqamakwe-waterskema te befonds om water vanaf Tsomo te kry.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings en water en sanitasie, het op ’n mediakonferensie gemaan dat beurtwater ’n realiteit kan word as mense nie water spaarsamig gebruik nie.

Hierdie week se damvlakke in die Oos-Kaap (met die vorige week se vlakke tussen hakies) is as volg:

Sandile-dam: 33,3% (34,3%), Gcuwa-dam: 0,0% (7,0%), Rooikrantz Drift: 35,3% (37,0%), Boesmanskrantz: 33,5% (35,3%), Waterdown-dam: 22,8% (23,9%), Kougadam: 35,3% (36,3%), Groendaldam: 41,9% (43,2%) en Impofu-dam: 16,8% (17,1%).

Grafika24
Meer oor:  Oos-Kaap  |  Damvlakke  |  Droogte  |  Opgaardamme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.