Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Vrystaat is nat, maar N-Kaap trek swaar

Boere in die Noord-Vrystaat hou nou asem op dat die ryp lank genoeg sal wegbly en dat nog ’n paar millimeter reën sal val voordat dit koud word.

Jan van Biljon, ’n boer van Viljoenskroon, sê die mielies lyk baie mooi in dié omgewing.

“Die meeste mielies is nou in die saad met hier en daar jonger mielies, maar ons bid nou dat die ryp in April wegbly,” sê Van Biljon.

Boere in die Noord-Kaap gaan steeds onder die droogte gebuk en tussen Kakamas en Pofadder sny hulle noodgedwonge skape se kele af omdat daar nie meer kos is nie. Foto: Verskaf

Hy sê die weiding lyk goed, maar die grondvog is nie genoeg om die mielie-oes deur te sien nie.

Boere het verlede naweek goeie reën gekry en tot 100 mm is op plekke in die Noord-Vrystaat gemeet.

Die Viljoenskroon-omgewing het ongeveer 50 mm reën gekry.

Paul Serfontein, van Kroonstad, sê by hom het dit 80 mm gereën, terwyl Mossie Mostert, ook in die distrik, 98 mm gemeet het.

“Die reën het laat gekom, so ons weet nie hoe die weiding gaan lyk vir die winter nie,” sê Serfontein.

So lyk dit tussen Kakamas en Pofadder waar dit nog nie gereën het nie.Foto: Verskaf
Jacobus Burger van Sutherland het dié foto van sy bakkie in die nat veld op die Facebook-groep Reënval in SA geplaas.Foto: Facebook

Groot dele van die Suid-Vrystaat het ook verlede week goeie reën gekry, maar die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê vooruitsigte vir die res van die reënseisoen vir die somerreënvalgebiede is nie baie goed nie.

Burre Burger, wat landwyd boere in droogtegeteisterde gebiede help, sê dit lyk wel asof Vrystaatse boere nou uit die moeilikheid is wat betref kos vir hul diere.

Burger sê daar is ongelukkig nog groot nood in dele van die Noord-Kaap. Dit sluit in die Olifantshoek-omgewing, terwyl boere tussen Kakamas en Pofadder noodgedwonge skape keelaf moet sny omdat hulle nie genoeg kos het nie.

Boere by Loeriesfontein en Vanwyksvlei het ook nog nie kos vir hul diere nie.

’n Mens moet onthou dit reën nie gras nie, die veld moet nog eers herstel, sê Burger.

Ander plekke soos Vryburg en Kimberley het wel goeie reën gekry.

“Dit het ook die afgelope tyd goed in Sutherland gereën, maar in die Richtersveld moet ons nog boere help,” sê hy.

Burger sê sy organisasie stuur daagliks nog tientalle vragte aartappels, hoendermis en bale voer na dele waar daar steeds nie weiding is nie.

Die Oranjerivier by Bethulie het ook water gekry ná die goeie reën wat in die gebied geval het.Foto: Reënval in SA, Facebook
Meer oor:  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Mielies  |  Ryp  |  Reën  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.