Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
VS-regering se laksheid beteken geen verligting vir boere

Vrystaatse boere sal nie droogtehulp as deel van die nasionale ramptoestand ontvang nie omdat die Vrystaatse regering versuim het om ’n sakeplan as deel van sy aansoek in te dien.

Dévar Smit, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer, sê provinsiale regerings het tot 5 Junie gehad om ’n sakeplan in te dien nadat die nasionale ramptoestand op 4 Maart afgekondig is.

Smit sê die nasionale departement van landbou het bevestig dat die Vrystaatse provinsiale regering nie betyds ’n sakeplan ingedien het nie.

Hy sê die sakeplanne word gebruik om die behoefte in elke provinsie te bepaal en die beskikbare R139 miljoen wat bewillig is, is gevolglik onder die provinsies verdeel wat wel betyds aansoeke ingedien het.

Smit sê dit is betreurenswaardig dat die Vrystaatse regering nie aansoek gedoen het nie omdat die Vrystaat as die voedselmandjie van Suid-Afrika beskou word.

“Boere in die Bultfontein-distrik word al jare deur meerjarige droogtes geteister en dit is onaanvaarbaar dat hierdie boere weens die provinsiale regering se onverantwoordelike optrede nie enige verligting sal ontvang nie.”

Die provinsiale regering se nalatige optrede en houding teenoor kommersiële boere kan nie langer geduld word nie.

Smit sê die party sal ’n skriftelike vraag hieroor indien en eis dat die provinsiale regering aan die kommersiële landbou in die Vrystaat verantwoording doen.

Meer oor:  Dévar Smit  |  Nasionale Ramptoestand  |  Verligting  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.