Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
W-Kaapse damvlakke styg steeds ondanks hitte, min reën

Damvlakke in dele van die Suidwes-Kaap het die afgelope week ondanks die warm weer en geen reën steeds gestyg.

Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap het teen Maandag van 65,9% tot 66,3% gestyg, teenoor 60,4% dié tyd verlede jaar.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het egter van 81,5% tot 81,3% gedaal en het oor dieselfde tydperk in 2018 net op 68,9% gestaan.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week op 71,6% gebly en was verlede jaar dié tyd net 51%.

Verder het die Benede-Steenbrasdam se vlak van 101,1% tot 99,6% gedaal en die Voëlvleidam se vlak het effens van 87,2% tot 87,7% gestyg.

Die Bergrivierdam se vlak het van 99,7% tot 98,7% gedaal en die Wemmershoekdam het van 88,3% tot 90,1% gestyg.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 98,6% tot 102,3% gestyg en dit het verlede jaar op 98,9% gestaan.

Die vlak van die Voëlvleidam het die afgelope week effens van 87,2% tot 87,7% gestyg. Dié foto van die dam tussen Gouda en Wellington is verlede Donderdag geneem. Foto: Samuel Walters

Die Kareedam buite Calvinia in die Noord-Kaap se vlak het van 20,8% tot 16,4% gedaal, terwyl dit dié tyd verlede jaar 63,6% vol was.

In die Karoo het sommige damvlakke ’n aansienlike daling getoon en is geen noemenswaardige reën oor die voorafgaande sewe dae gemeet nie.

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 38,1% tot 36,2% en die Gamkapoortdam naby Prins Albert het van 14,4% tot 7% gedaal.

Beide damme was dié tyd verlede jaar nog leeg.

Die Floriskraaldam naby Laingsburg se vlak het ook van 15,4% tot 15% en die Oukloofdam naby Prins Albert het van 4,2% tot 3,7% gedaal.

Die Calitzdorpdam se vlak het effens van 14% tot 14,2% gestyg.

In Oudtshoorn se omgewing het die Kammanassiedam se vlak op 2% gebly en die Stompdriftdam se vlak het van 7,6% tot 7,5% gedaal.

Damvlakke

In die Suid-Kaap het die damvlakke ten spyte van reën van selfs meer as 10 mm in die voorafgaande sewe dae skerp gedaal.

Die Duivenhoksdam naby Heidelberg se vlak het van 77% tot 71% en die Korentepoortdam naby Riversdal se vlak het van 60,4% tot 56,6% gedaal.

By die Ernest Robertson-dam naby George is 12,2 mm reën gemeet en die vlak het van 81,8% tot 74,9% gedaal.

Die Wolwedansdam naby Mosselbaai se vlak het van 58,2% tot 56,3% en die Roodefonteindam naby Plettenbergbaai het van 86,8% tot 85,4% gedaal.

By die Tuinroetedam buite George is 10,6 mm reën in die voorafgaande sewe dae gemeet en die dam se vlak het van 69,9% tot 65,7% gedaal.

Meer oor:  Theewaterskloofdam  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.