Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
W-Kaapse damvlakke styg verder, met nog reën verwag
damvlakke
Die stand van die Wes-Kaapse damme.

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het die afgelope week verder bo 40% gestyg, terwyl nog reën teen Donderdag verwag word.

Teen Maandag het die gemiddelde damvlak van 40,1% verlede week tot 41,2% toegeneem, teenoor 37% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het van 57,9% tot 58,4% gestyg vergeleke met 49,8% ’n jaar gelede.

Die departement van water en sanitasie sê die vlak van die Bulshoek-, Stettynskloof- en Elandskloofdam het elkeen boonop met meer as vyf persentasiepunte gestyg.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê in ’n verklaring die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n groter kans op bogemiddelde reënval vroeg en in die middel van die winter oor die suidwestelike dele van die land.

“Soos almal egter bewus is, het klimaatsverandering ’n uitwerking op reënvalpatrone in die land. Om dié rede doen die departement ’n beroep op alle watergebruikers om steeds water spaarsamig te gebruik terwyl hulle ook in die lig van die koronaviruspandemie behoorlike higiëne toepas, soos om gereeld hande te was.”

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 54,8% tot 55,4% toegeneem, teenoor 41,4% ’n jaar gelede.

Ander damme wat water aan Kaapstad verskaf:

* Benede-Steenbrasdam: 48% (48,1% verlede week);

* Voëlvleidam: 54,8% (54,2%) met 33,5 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

* Bergrivierdam: 73,9% (73,2%) met 47,5 mm reën; en

* Wemmershoekdam: 43,7% (43,9%) met 10,3 mm reën.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 13,6% tot 18% gestyg, teenoor 13,3% verlede jaar.

In die Karoo het die damvlakke grootliks onveranderd gebly, met effense dalings op plekke:

* Floriskraaldam naby Laingsburg: 16,14% (16,14% verlede week);

* Calitzdorpdam: 50,6% (49,9%);

* Leeu-Gamkadam: 24,7% (25%);

* Gamkadam naby Beaufort-Wes: 30,7% (30,9%);

* Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,19% (0,22%);

* Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 8,5% (8,5%); en

* Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,1% (0,1%).

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke ook gedaal:

* Duivenhoksdam naby Heidelberg: 99,9% (100% verlede week);

* Korentepoortdam naby Riversdal: 79,2% (78,8%);

* Wolwedansdam naby Mosselbaai: 61,6% (62,5%); en

* Tuinroetedam in George: 92,9% (94,5%).

Teen 18 Junie het die vlak van die Hartebeestkuildam naby Mosselbaai ook op slegs 2% gestaan en die Klipheuweldam, ook naby Mosselbaai, se vlak op 42,1%.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Styg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.