Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Water na Ladismith, Zoar aangery

Die Wes-Kaapse regering het 90 000 liter water met vragmotors na Ladismith en Zoar in die Kannaland-munisipaliteit geneem om te verseker dat die inwoners nie sonder water sit nie.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê daar moes op kort termyn dringend plan gemaak word om te verseker dat die inwoners drinkwater het.

Boorgatwater word gebruik om die dorp se watertenks vol te maak, maar oor die vakansietydperk is daar ’n groter vraag na water en dan is dit nie genoeg nie.

Een van die vragmotors wat gebruik is om 90 000 liter water na Kannaland te vervoer sodat daar genoeg drinkwater oor die feestyd is.

Bredell sê in ’n verklaring 2 000 vyf-liter-bottels water is ook na Prins Albert en Laingsburg geneem vir drinkwater sou dit nodig wees.

Die dorpe waar korttermyn-watertekorte weens hoër waterverbruik oor die feestyd ’n probleem kan raak, sluit in Beaufort-Wes, Merweville, Prins Albert, Laingsburg, Ladismith, Zoar, Calitzdorp, Herbertsdale en Buisplaas (naby Mosselbaai).

Bredell het mense gevra om ag te slaan op dié watertekorte en water oor die feestyd te bespaar.

Meer oor:  Ladismith  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.