Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Waterbeperkings vir boere dalk effe verlig

Met die Kougadam tans byna 47% vol kan droogtegeteisterde besproeiingsboere in die Gamtoosvallei vanjaar verligting verwag wanneer die waterbeperkings vir die nuwe waterjaar, wat op 1 Julie begin, in Junie aangekondig word.

Die kritieke droogte in die Gamtoos is steeds voortslepend in etlike gebiede, ten spyte van goeie neerslae op plekke in die vallei.

Rienette Colesky

Volgens Rienette Colesky, die pas aangestelde uitvoerende hoofbestuurdervan die Gamtoos-besproeiingsraad in die plek van Pierre Joubert, wat onlangs ná 37 jaar diens afgetree het, behoort die verwagte beperking laer te wees as die 60% wat tans van toepassing is.

“Die stand van die dam spreek vanself en gevolglik is daar hoop op ’n beter 2019-’20-jaar.

“Die beperkings wat van 1 Julie in werking sal tree, word op 14 Junie op ’n vergadering van die departement van waterwese bespreek.

“Die vlak van die dam sal in ag geneem word saam met ander faktore wat die Algoastelsel beinvloed – geskiedkundig én in terme van die vooruitskatting van weersomstandighede vir die toekoms – om te bepaal wat die beperking vanaf 1 Julie sal wees.

“In die huidige situasie moet die watervlak van die totale Algoastelsel tot bo 65% styg om beperkings totaal en al te lig.

“Volgens die departement is die opvanggebiede wat die Algoastelsel beïnvloed nog nie uit die droogtesiklus nie,” aldus Colesky.

Volgens Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-besproeiingsraad, het goeie reëns onlangs oor tussen 40% en 60% uitgesak in die vallei wat as die Oos-Kaap se vrugte- en groentespens bekend staan.

“Ongelukkig het daar nog nie swaar neerslae voorgekom in die opvanggebiede van die Kougadam om die vlak van die dam noemenswaardig te verhoog nie. Die dam is tans amper 47% vol.

“Gelukkig lê die oestyd en wintermaande voor, wat uiteraard die verbruik sal verlaag.

“Goeie reëns is altyd welkom net voor pluktyd, aangesien vruggrootte kan verbeter op die later variëteite, maar teen hierdie tyd is oeste hoofsaaklik klaar gevestig,” het hy bygevoeg.

Du Preez het voorts gesê produksie vind egter wel baat by die afgelope reëns, hoewel ook net vir bestaande aanplantings. Goeie reëns stel besproeiing ten beste uit vir ’n week.

“As die damvlak tot hoër as 65% kan styg, is die kanse goed dat ons ’n volle besproeiings-kwota kan kry. Dan sal groenteboere weer voluit produksie beplan.

“Die Gamtoosvallei, asook die res van die Oos-Kaap, is egter nie erkende winterreëngebiede nie.

“Andersyds kan goeie opvolgreën gou ’n verskil maak, aangesien die opvangsgebiede se damme tans redelik vol is en die wêreld nie so droog is nie.”

Meer oor:  Kougadam  |  Gamtoosvallei  |  Waterbeperkings  |  Landbou  |  Droogte  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.