Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Watergroep besorg oor gebrek aan hulp aan boere

Die noodledigingsorganisasie South African Water Warriors sê hy is bekommerd oor die gebrek aan hulpverlening aan boere tydens die staat van inperking.

Pieter du Plessis van SA Water Warriors in George sê boere wat geen hulp ontvang van regeringskant nie, raak ook die plaaswerkers en hul gesinne.

“Die boerderyvertakkings voed die land met vleis, groente, vrugte, graan, suiwel, wol en verskeie ander produkte, om nie eens te praat van opkomende en bestaansboere nie.

“Dit is waarom SA Water Warriors en ons vrywilligers ekstra moeite doen om in alle uithoeke van die land boere en werkers in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.”

Volgens hom het die Covid-19-inperkings hulle egter gepootjie om by dié gebiede uit te kom weens die verbod op reise tussen provinsies.

“Dit motiveer ons egter net om gouer by meer plekke uit te kom sodra die inperking ons toelaat,” voeg hy by.

“Ons doen ’n beroep op maatskappye, vervoerkontrakteurs, voermeulens, petroleummaatskappye en die publiek om ons met dienste of finansieel te ondersteun.”

Volgens hom het bykans 80 voertuie en vragmotors van oral in die land deelgeneem aan ’n onlangse uitreikaksie van die organisasie na die Noord-Kaap.

Al die organisasie se uitreikaksies word op sy Facebook-blad gedokumenteer.

“Ons boere stel Suid-Afrika nooit teleur nie,” sê Du Plessis. “Ten spyte van alles het hulle tonne voedsel gratis gelewer toe die regering om hulp vra vir behoeftiges weens tekorte tydens die Covid-9-inperking.”

Mense wat wil help kan Du Plessis by 076 844 6435 bel, of besoek die facebookblad vir meer inligting.

Meer oor:  Droogte  |  Water  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.