Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Watertariewe: ‘Neem voorstel vir stygings na raad’
Xanthea LimbergFoto: MALHERBE NIENABER

Die Kaapse metro het spesiale vergunning van Malusi Gigaba, minister van finansies, ontvang om die voorstel vir die jongste styging in water-en-sanitasie-tariewe na die raad te neem.

Só het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water-en-afvaldienste, informele nedersettings en energie, Maandag by navraag gesê.

Dít volg nadat Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, Saterdag op ’n openbare vergadering oor waterverwante kwessies in Tafelsig gesê het dat daar nie ’n styging in watertariewe kan wees sonder openbare raadpleging nie.

“Sover ons weet het daardie proses nooit voldoende plaasgevind nie. Wat julle moet doen, is om te betaal op grond van wat julle rekeninge voorheen was en nie op grond van wat hulle sê die nuwe tariewe is nie. Selfs onder dié omstandighede . . .”

Die nuwe tariewe behoort volgens Mokonyane van toepassing te wees op mense wat water buitensporig gebruik. “Maar selfs vir hulle – vir solank as wat daar nie ’n openbaredeelnameproses was nie – is dit onwettig; dit is wat julle moet weet,” het Mokonyane gesê.

Limberg het Maandag op navrae geantwoord die stad het ’n spesiale dispensasie van Gigaba ontvang om die voorstel oor die styging in die tariewe na die raad te neem.

“Die stad kommunikeer ver en wyd oor die tariefverhogings wat noodsaaklik is om te verseker dat normale bedrywighede rondom waterdienste voortgaan om funksioneel gefinansier te word en ook omdat ’n toename in tariewe ’n wyd aanvaarbare metode is om waterverbruikers aan te moedig om hul verbruik te verminder.”

Die nuwe tariewe vir water en sanitasie in die Kaapse metro het op 1 Februarie in werking getree.

Limberg het gesê kwesbare huishoudings sal steeds dieselfde beskerming van die stad ontvang óf deur subsidies óf deur vrystelling, hetsy vir tariewe of munisipale belasting. Alle verbruikers moet volgens haar voldoen aan die beperking van 50 liter water per persoon per dag.

Meer oor:  Malusi Gigaba  |  Kaapstad  |  Water  |  Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.