Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes- en Oos-Kaap kry gou weer reën

Nog reën word Sondag in die suidwes-Kaap verwag en Maandag oor die grootste deel van die Wes- en die Oos-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n 30%-kans op reënbuie Sondag vir Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Hermanus, Grabouw, Langebaan en Redelinghuys.

Sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer word oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag met ’n noordwestewind van tot 20 km/h.

Op Beaufort-Wes kan die wind egter tot 40 km/h haal.

In die Oos-Kaap word sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer verwag, met maksimum temperature onder 30 °C.

Vir Port Elizabeth word ’n noordwestewind van tot 20 km/h voorspel en die wind kan tot 30 km/h op Graaff-Reinet en Cradock bereik.

Teen Maandag word ’n 60%-kans op buie in Kaapstad, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai verwag. Oor die res van die provinsie is daar ’n 30%-kans op reënbuie.

Maksimum temperature van 20 °C en laer word vir die Wes-Kaap voorspel, met ’n suidwestewind van tot 20 km/h in Kaapstad en George.

In die Oos-Kaap word ’n 30%-kans op reën verwag en maksimum temperature van net bo 20 °C.

’n Suidwestewind van 20 km/h tot 30 km/h kan oor die grootste deel van die provinsie voorkom en die wind kan tot 40 km/h in Port Elizabeth bereik.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Wes-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Reën  |  Weer  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.