Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes-Kaap het net 6,58% drinkwater oor

Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap het die afgelope week met 0,58% gedaal tot 16,58% Maandag.

In die ooreenstemmende week verlede jaar was die gemiddelde damvlak 22,12%, luidens statistieke van die departement van water en sanitasie.

Die ses damme wat die meeste van Kaapstad se water voorsien se gemiddelde vlak het van 21,06% tot 20,48% gedaal.

Omdat die laaste sowat 10% van die damwater grootliks onbruikbaar is, beteken dit die Wes-Kaapse damstelsel het eintlik net 6,58% se drinkbare water oor.

Die gemiddelde Wes-Kaapse damvlakke het die afgelope week met 0,58% gedaal. Foto: Jaco Grobbelaar/Grafika24

Die boonste Steenbrasdam, een van die ses vernaamste damme wat water aan Kaapstad voorsien, se vlak het die afgelope week met 8,05% gedaal tot 67,03%.

Die Misverstanddam, wat deel vorm van die Bergrivier-opvangsdamme, het met 5,89% gedaal. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar was dié dam 96,07% vol.

Die Clanwilliamdam wat die Bulshoekdam voer, het wel met 19,34% tot 25,81% gestyg.

Luidens die Kaapstadse metroraad het watergebruik van 9 April tot Maandag 16 April met 5% toegeneem. Gemiddeld 542 miljoen liter water is per dag gebruik. Die gemiddelde watergebruik was verlede week 516 miljoen liter water per dag. Die mikpunt is 450 miljoen liter per dag.

“Die val van damvlakke kan toegeskryf word aan omgewingsinvloede soos hoër temperature en verdamping, asook die toename in watergebruik deur inwoners,” sê Ian Neilson, adjunkburgemeester van Kaapstad, in ’n verklaring.

Kaapstad móét die mikpunt van 450 miljoen liter per dag haal om te verseker dat die watervoorraad hou.

Neilson sê April was relatief warm en dat hierdie tendens die klimaatspatrone van Maart herhaal.

“Hoër temperature is verlede week ervaar, sowel as sterk windtoestande in die opvangsgebiede,” sê Neilson.

Neilson sê Kaapstad móét die mikpunt van 450 miljoen liter per dag haal om te verseker dat die watervoorraad hou.

“Hoewel die wintermaande waarskynlik meer reën sal bring, kan ons nie skat hoeveel reën ons gaan hê of daarop staatmaak om ’n noemenswaardige invloed op ons damvlakke te hê nie.

“Vlak 6B-waterbeperkings geld nog vir inwoners van Kaapstad. Inwoners word versoek om hul gebruik tot 50 liter per persoon per dag te beperk.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Drinkwater  |  Waterskaarste  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.