Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes-Kaap se damvlakke daal al hoe verder
Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week van 80,9% tot 78,4% gedaal. Foto: Samuel Walters

Die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week ’n daling getoon, met die provinsie se gemiddeld wat van 66% tot 64% afgeneem het.

In die ooreenstemmende tydperk in 2020 het die gemiddelde damvlak op 52% gestaan.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het ook teen Maandag van 85,8% tot 83,3% gedaal, teenoor 2020 se 69,9%.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Foto: Verskaf

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê in ’n verklaring daar is steeds in die Sentraal Karoo-distrik ’n droogte.

“Ons is bewus van onlangse uitdagings met die watertoevoer in Prins Albert. ’n Ondersoek het bevind dat die dorp genoeg water het, maar die probleem lê in die bestuur van die reservoir se kapasiteit.”

Die reservoir word te vinnig leeggetap weens baie watergebruik.

“Die gemiddelde gebruik per persoon is 150 liter. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om minder water te gebruik. Dit sal beslis die probleme met die watertoevoer in die dorp verlig.”

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 88,2% tot 86,4% gedaal, terwyl dit verlede jaar op 63,2% gestaan het.

Ander damme wat aan Kaapstad verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 78,7% (80,1% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 61% (78,6%) met 7 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Voëlvleidam: 78,4% (80,9%);

• Bergrivierdam: 83,6% (85,8%) met 4,5 mm reën; en

• Wemmershoekdam: 84,4% (86,4%) met 1,2 mm reën.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 61,1% tot 57,3% gedaal en was dit verlede jaar 44,2% vol.

In die Karoo het die damvlakke ook verder gedaal:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 11,3% (11,3% verlede week);

• Calitzdorpdam: 40.9% (42,4%) met 1,4 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Leeu-Gamkadam: 2,9% (4,5%);

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 61,1% (62,7%);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,13% (0,17%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 17,7% (17,9%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,0% (0,0%).

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke ook gedaal:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 98,6% (99,3% verlede week) met 10,2 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 96,1% (98,3%) met 7,8 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 62,6% (62,7%) met 10,6 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%) met 11 mm reën.

grafika
Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.