Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes-Kaap se damvlakke daal tot 40%

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het teen Maandag tot 40,1% gedaal teenoor 36,4% in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

’n Week gelede was die provinsie se gemiddelde damvlak op 41,5%.

In die jongste damvlakke wat die departement van water en sanitasie bekend gemaak het, word die uitwerking van die reën Sondagaand en Maandag oor groot dele van die Wes-Kaap egter nog nie weerspieël nie.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel is nou op 56,9% teenoor 58,5% ’n week gelede en 48,7% ’n jaar gelede.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, is nou op 52,8% teenoor 54,7% ’n week gelede en 37,9% ’n jaar gelede.

Ander damme in die provinsie:

  • Benede-Steenbrasdam: 57,4% (59% verlede week);
  • Voëlvleidam: 54,3% (55,5%);
  • Bergrivierdam: 66,8% (68,2%);
  • Wemmershoekdam: 53,8% (55,3%);

In die noordweste van die provinsie is die Clanwilliamdam nou op 13% teenoor 16% verlede week en 19,1% verlede jaar.

In die Karoo het damvlakke verder gedaal, maar die meeste damme is steeds heelwat voller as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

  • Floriskraaldam naby Laingsburg: 17,7% (verlede week 17,9%);
  • Gamkadam naby Beaufort-Wes: Bly op 32% teenoor 10% ’n jaar gelede;
  • Calitzdorpdam: 36,7% (39,5% verlede week);
  • Leeu-Gamkadam: 34,7% (37%);
  • Gamkapoortdam naby Prins Albert: 3,9% (8,8%);
  • Stompdriftdam naby Oudtshoorn: Bly op 21%; en
  • Kammanassiedam naby Oudtshoorn: Bly op 1%.

In die Suid-Kaap het die damvlakke net effens gedaal en is die meeste damme voller as in 2019.

  • Duivenhoksdam naby Heidelberg: Bly op 99,9%, teenoor 62,3% ’n jaar gelede;
  • Korentepoortdam naby Riversdal: Bly op 72%, teenoor 53% verlede jaar;
  • Tuinroetedam in George: 93,9% (94,9% verlede week);
  • Ernest Robertsondam buite George: 99,3% (100,1%), met 6,8 mm reën oor die voorafgaande sewe dae;
  • Wolwedansdam tussen Mosselbaai en George: 64,3% (65,2% verlede week).

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het teen Dinsdag om 08:00 die volgende reënvalsyfers vir die voorafgaande 24 uur in die Wes-Kaap gemeet:

10 mm en meer

Witfontein, George en Kleingrysbos, Knysna – 16 mm;

Jonkershoek, Ceres, Ladismith en Plettenbergbaai – 10 mm;

5 mm en meer

Elim – 8 mm;

Stilbaai – 7 mm;

Ashton, Porterville en Tulbagh – 6 mm;

Kirstenbosch, Robinsonpas (Mosselbaai), die Paarl en Wellington – 5 mm.

damvlakke
Grafika: Damvlakke

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.