Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes-Kaap se water hou nog

Met die lekker daelange winterreën wat steeds wegbly in die Wes-Kaap, daal die damvlakke steeds, maar darem nie met te veel nie.

Die hoofopgaardamme waaruit Kaapstad se water verkry word, was Maandag gemiddeld 45,9% vol teenoor die 21,3% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die Kaapstad-metro het in ’n verklaring gesê Kapenaars het in die afgelope week gemiddeld 582 miljoen liter water per dag gebruik – 7 miljoen liter per dag minder as die vorige week.

Die metroraad sê hoewel die omstandighede met die hoër damvlakke beter as verlede jaar is, word inwoners gevra om water steeds spaarsamig te gebruik.

Vlak 3-waterbeperkings geld steeds.

Grafika24
Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.