Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Wes-Kaapse boere het dringend reën, voer nodig

Graanboere in die Wes-Kaap hoop op laat winterreën ná ondergemiddelde reënvalsyfers tot dusver dié seisoen.

Ligte reën het deur die nag en vroeg oggend in Kaapstad geval. Foto Jaco Marais

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê wat graan betref is dit nie net die Swartland wat uitdagings het nie, maar al die graangebiede kort dringend nog reën. Produsente hoop op ’n laat winter met reën tot nog laat in September.

Opperman sê in die Swartland is die kanola besig om uit te kom, maar dit is baie ver agter. In hierdie stadium gee produsente dit nog kans en hulle hou die vordering dop.

Op Moorreesburg is ongeveer 500 ha sukkelende kanola doodgespuit en met koring oorgeplant en op Riebeek-Wes is daar produsente wat lande met koring oorgeplant het nadat hul kanola glad nie opgekom het nie.

Kanola-produsente nader aan die Kaapse metropool-gebied se kanola het gevrek weens te min water.

Opperman sê in die Swartland is daar vanjaar meer gars geplant.

Wat vrugteprodusente betref, is daar geen na-oes-water beskikbaar nie en dit gaan ’n invloed op volgende jaar se oes hê. Die koue van die afgelope paar dae is egter baie welkom vir vrugteboorde en wingerde, sê Opperman.

In die Wes-Kaap was daar vanjaar nog nie gevalle van swartryp nie, maar in droër seisoene verhoog die kanse hiervoor wel.

“Ons krisis bly egter steeds weiding. Agri Wes-Kaap help steeds produsente in die twee rampgebiede (die Weskus-distrik en Sentraal-Karoo) met droogtehulp, maar al hoe meer gebiede raak in die moeilikheid en het ook nou hulp nodig.

Die Eden-distrik het veevoer ook nou dringend nodig, sowel as produsente in die omgewing van Knysna en Riversdal waar brande weiding totaal vernietig het.

Al hoe meer gebiede raak in die moeilikheid en het ook nou hulp nodig.

Ruvoer is al vir maande al nie meer in die Wes-Kaap beskikbaar nie.

Opperman sê tot op hede het Agri Wes-Kaap 5 500 ton veevoer aan produsente gelewer teen ’n koste van R4 miljoen. Die voer en kontant was skenkings aan hul droogtehulpfonds, maar dit is nou uitgeput.

Dit is baie duur om voerskenkings uit die noorde na die Wes-Kaap te vervoer, en Agri Wes-Kaap het finansiële bydraes dringend nodig. Skenkings kan gedoen word in die

Agri Wes-Kaap Droogtehulpfonds, ABSA Paarl Tjekrekeningnommer: 400 960 313, Takkode: 334 210.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Reën  |  Droogte  |  Boerdery  |  Voer  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.