Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Zille het vrae oor Clanwilliam se dam

Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, wil weet waarom die damwal van die Clanwilliamdam ná jare se beloftes steeds nie verhoog is nie.

In haar weeklikse rubriek op die Daily Maverick-webtuiste skryf Zille dat daar destyds in die 2013/2014- begrotingsrede sowat R2 miljard vir die projek begroot is met die aanvanklike plan dat die projek midde 2018 voltooi sou wees.

Die Clanwilliamdam.Foto: Lerato Maduna

Dit sou die dam se houvermoë tot 340 miljoen kubieke meter verdubbel het, wat die besproeiing van ongeveer 6 000 bykomende hektaar landbougrond moontlik sou maak, veral vir opkomende boere in ’n gebied waar die ekonomie 80% van landbou afhanklik is, skryf Zille.

“Toe word die projek gestaak. Vir ’n paar onverklaarbare redes het die departement besluit om ’n tender uit te gee pleks daarvan om van sy eie werkers te gebruik.”

Sy skryf die droogte het sowat 20% van die plaaslike boere benadeel. Die Tiger Brands-fabriek in die omgewing het ook gesluit, want boere het nie geld vir kontantgewasse soos tamaties nie en daar is niks om te verwerk nie.

“Baie van hierdie ekonomiese skade kon vermy gewees het as die projek voltooi is.”

Die “skandaal” van die Clanwilliamdam-projek is ongelukkig nie ’n geïsoleerde geval nie, sê sy.

“Vir elke hoërisiko-munisipaliteit in die Wes-Kaap is daar ’n mislukte, vertraagde of verlate watervoorsieningsprojek van die departement van water en sanitasie,” sê sy.

Weens die begrotings wat gesny is, het die departement besluit om nie met enige projek voort te gaan waartoe hy homself nie kon verbind nie.

News24 berig Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het in April 2017 in die Nasionale Vergadering gesê die departement is steeds besig om die tenderbod te evalueer.

“Besonderhede sal eers bekend wees sodra ’n kontrakteur aangestel is na voltooiing van die volledige verkrygingsproses,” het sy gesê in antwoord op ’n vraag oor die kontrakteurs.

In ’n aanbieding in Mei 2017 het die destydse direkteur-generaal van die departement, Dan Mashitisho, gesê die aanvanklike voltooiingsdatum van 21 Mei 2018 is verklaar.

“Die departement van water en sanitasie is daartoe verbind om die projek te finaliseer.

“Die Clanwilliamdam-projek kon nie in die huidige finansiële jaar soos beplan is, in werking gestel word nie as gevolg van die begrotingskortings deur die tesourie. Die Clanwilliamdam was een van hierdie projekte wat geraak is.”

Weens die begrotings wat gesny is, het die departement besluit om nie met enige projek voort te gaan waartoe hy homself nie kon verbind nie.

Meer oor:  Helen Zille  |  Bouwerk  |  Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.