Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dwaalkoeël tref seun by skool

STELLENBOSCH. – ’n Leerder (9) is gister deur ’n dwaalkoeël getref terwyl hy in die klas was.

Die voorval het omstreeks 08:20 by die Laerskool ACJ Phakati in Lwandle buite die Strand gebeur kort ná die skool se saalbyeenkoms.

Die gr. 2-leerder is in die rug getref.

Volgens kol. Tembinkosi Kinana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, is die skoot glo uit die rigting van die informele nedersetting New Village, wat oorkant die skool geleë is, geskiet.

“Dit is nie bekend wie die skoot afgevuur het nie en die motief is onbekend,” het Kinana gesê.

Robert Daniels, woordvoerder van die EMS-nooddienste, het gesê die seun is na die Helderberg-hospitaal gebring en is in ’n stabiele toestand.

“Ons werk saam met die polisie en metropolisie om die veiligheid van leerders en opvoeders wat deur bendegeweld geraak word, te verbeter,” het Jessica Shelver, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, gesê.

Kinana het gesê ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om konst. Bongekile Ntsontso van die Lwandle-polisiekantoor by 0 021 845 2060 of Stop Misdaad by 0 08600 10111 te bel.

) ’n Vyfjarige seun is gister deur ’n taxi doodgery, berig Malherbe Nienaber.

 Die polisie het gisteroggend op ’n kind se lyk naby die Primêre Skool Nkazimlo in Khayelit­sha afgekom. Hy is glo om 07:45 in Fukuthaweg in Makhaza deur ’n Toyota Quantum getref.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n man (26) het hom later by die Harare-polisiekantoor oorgegee. Hy is vir moord in hegtenis geneem en sal in die Khayelitsha-landdroshof verskyn, het Van Wyk gesê.

‘Partye moet hande vat’

Die toenemende voorvalle van geweldsmisdade teenoor kinders in die Wes-Kaap is onaanvaarbaar en moet nie net deur die onderskeie staatsdepartement teengewerk word nie.

Politieke partye moet ook hande vat en hulle ten sterkste teen dié afskuwelike misdade uitspreek.

Lorraine Botha, DA-LPP en voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee oor die premier, het gister in die provinsiale parlement gesê dit is onaanvaarbaar dat minstens 13 kinders weens geweldsmisdaad gesterf het en 14 kinders sedert die begin van die jaar vir koeëlwonde behandel is. Volgens Botha is die aantal onskuldige kinders wat hul lewe in die Wes-Kaap verloor kommerwekkend. “Dit is onaanvaarbaar en die DA gaan dit nie duld nie. – Michelé O’Connor

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.