Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Epainette Mbeki oorlede
Epainette Mbeki

Kaapstad. - Epainette Mbeki, ma van oudpres. Thabo Mbeki en politieke ontleder en ekonoom Moeletsi Mbeki, is Saterdagoggend in 'n privaathospitaal in Oos-Londen oorlede.

Die 98-jarige Epainette is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem vir respiratoriese probleme.

Haar man, Govan Mbeki, was 'n leier in die ANC en die SAKP en intens betrokke by die anti-apartheidstryd.

Epainette was ook in eie reg 'n aktivis wat haar lewe en die lewe van haar familie aan die bevrydingstryd gewy het, het die presidensie in 'n verklaring in reaksie op haar dood gesê.

Pres. Jacob Zuma het sy meegevoel met die Mbeki-familie uitgespreek.

"Me. Mbeki was tot haar dood toe vurig en uitgesproke oor politieke en sosio-ekonomiese kwessies.

"Daar is nie woorde om die hartseer verlies van dié ma van ons nasie te verwoord nie."

Suid-Afrika is armer sonder haar, het die ANC in 'n verklaring gesê.

"Me. Mbeki was dekades lank 'n steunpilaar vir die Mbeki-familie en haar gemeenskap. Met Govan Mbeki se afwesigheid gedurende sy aanhouding en terwyl hy vir die polisie weggekruip het, het MaMbeki op eie houtjie haar kinders, wat later by die bevrydingstryd aangesluit het en 'n merkwaardige bydrae gelewer het, grootgemaak."

Die Mbeki-familie se verlies is ook die ANC se verlies, het Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.