Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
#FeesMustFall: Rubberkoeëls op studente geskiet by sentrum, UJ
Veiligheidswagte takel studente met pepersproei om te keer dat hulle by die Campus Square-winkelsentrum ingaan. Foto: Felix Dlangamandla
Studente keer terug kampus toe nadat hulle Luthulihuis toe is om 'n memorandum aan die ANC te oorhandig. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisie het Donderdagmiddag omstreeks 17:30 met rubberkoeëls op studente in en om die Universiteit van Johannesburg se Kingsway-kampus geskiet. 

Die skietery het in die straat by die Campus Square-winkelsentrum neffens die universiteit begin. 

Toe Netwerk24 se verslaggewer op die toneel opdaag, het die polisie agter singende en fluitende studente in die straat aangejaag. Van die studente het by die kampus se hekke aan die linker- en regterkante van die straat ingehardloop. 

Hulle het  gesing en gefluit toe die polisie  skote op die hoofkampus by die universtiteit afgevuur het. Studente het op 'n brug wat oor die pad loop saamgedrom en die polisie uitgejou. Skote het weer geklap en die studente het in alle rigtings gehardloop.

Die studente het die kampus se hekke versper. "Julle moet ook weggaan," het 'n student by een van die hekke aan Netwerk24 geskree.

Omstreeks 18:00 het die polisie die studente verjaag. Teen 18:30 was daar steeds 'n groot polisieteenwoordigheid. 

Traangas is ook vroeër afgevuur en van die studente het hul gesigte en monde met hul klere bedek.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.