Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Fifty Shades’ wys ‘ma’s is moeg’
Dionne van Reenen Foto: Emile Hendricks
Dr. Kate Law Foto: Emile Hendricks

“Ek het nie ’n probleem met die sekstonele in Fifty Shades of Grey nie, maar wel met die soort seks.”

So het dr. Kate Law van die Sentrum vir Genderstudies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gesê tydens ’n bespreking oor dié boek en fliek. Die bespreking is deur die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en die departement filosofie aangebied is.

Law sê sy kyk uit ’n feministiese oogpunt na die boek en fliek. “Die tipe seks wat daarin voorkom, is uitbuitend en gewelddadig. Dit is nie ’n BDSM-verhouding nie.” (BDSM verwys na bondage and discipline, dominance and submission.)

Sy sê Ana en Christian, die twee hoofkarakters in die boek, se verhouding is intiem gewelddadig.

“Christian koop Ana om met geskenke sodat sy sal toestemming gee dat hy haar kan mishandel wanneer hulle seks het.”

Sy het dele uit die boek voorgelees om haar standpunte te ondersteun. “Sou Fifty Shades of Grey nog sexy gewees het as Christian arm was?”

Dionne van Reenen van die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid, sê wat haar die meeste gefassineer het van die boek en fliek, is dat daarna verwys word as mommy porn. “Ek is ’n ma en ek kon eers nie die term verstaan nie. Maar toe ek dit Google, het ek agtergekom dat dit pornografie vir ma’s is. Ek was effens stomgeslaan.”

Sy sê dit lyk vir haar of vroue, en veral ma’s, moeg is.

“Hulle is moeg daarvoor om altyd die harde werk te doen.

“Fifty Shades verskaf aan hulle ’n fantasie waar hulle nie veel hoef te doen nie en waar die man leiding neem.”

Sy sê vrouens gebruik dit ook om hul huwelike van 20 jaar op te kikker.

“Die verkope van BDSM-toerusting het toegeneem . . .  asook die noodoproepe na nooddienswerkers weens vreemde beserings wat egpare opdoen.”

Die ander deelnemers aan die bespreking was Francois Smith, skrywer van die topverkoper Kamphoer, en dr. Johann Rossouw van die departement filosofie.

Christian koop Ana om met geskenke sodat sy sal toestemming gee dat hy haar kan mishandel wanneer hulle seks het.
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.