Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fotoblad laat jou voel asof jy in middel van Moederstad staan
Hierdie foto van die Kaapse middestad is van die dak van die Naspers-gebou geneem. Die hoë gebou in die middel is die kantoorgebou van die Kaapse stadsraad. Deur in te zoem kan tonele in fyner besonderhede aanskou word. Foto:Fancam

KAAPSTAD – ’n Reusagtige, interaktiewe fotoblad van die Moederstad laat jou toe om só naby in te zoem dat dit voel asof jy in die middestad staan.

Dit gebruik ’n gigagreep-beeldelement wat die stad in ’n 360°-foto vertoon.

Die beeld, wat deur die plaaslike fotografiemaatskappy Fancam geskep is, word tans in drie afdelings verdeel: Duiwelspiek, Leeukop en die Sentrale Besigheidsdistrik (SBD). Duiwelspiek en die SBD is tans die enigste twee foto’s wat vir besigtiging beskikbaar is.

Gebruik ‘A’ op die sleutelbord om in te zoem en ‘Z’ om uit te zoem. Gebruik die pyltjies om te navigeer.

Volgens Fancam beplan hulle om die webblad nog heelwat uit te brei en word beoog om nog heelwat ander soortgelyke foto’s van Kaapstad en omgewing te skep.

Besoek die webblad: ​http:​//capetown.in3sixty.com/om hierdie foto te “ervaar”.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.