Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Gauteng gaan vir eers sukkel met gastekort’
Op die oomblik het ons absoluut niks nie.

Die tekort aan vloeibare petroleumgas gaan vererger voordat dit verbeter, het ’n bron in die gasbedryf gesê.

Lesers het by Beeld gekla oor ’n reuse-tekort aan vloeibare petroleumgas in Gauteng.

Omdat die produksie van diesel en petrol in die winter afneem weens ’n kleiner aanvraag, word instandhoudingswerk by raffinaderye gewoonlik dan gedoen en word minder vloeibare petroleumgas, ’n neweproduk, ook vervaardig.

Lees ook:

■ ​Só word petrol, gas Woensdag duurder

■ ​Tekort aan gas, sê verskaffers

■ ​Te min gas oor koue en Eskom

Chris Wentzel, hoof van The Gas Boys, wat onder meer gas verkoop, meen die gastekort gaan vererger.

Brett Cohen, eienaar van The Gas ­Company in Centurion, het gesê hulle sukkel ook om gas te kry om te verkoop.

“Op die oomblik het ons absoluut niks nie. Ons is bewus van ’n tekort in die land. Dit gebeur elke jaar, veral dié tyd.

“Baie meer mense het gas in die winter nodig as in die somer en om voor te berei vir beurtkrag gebruik mense meer gas as ooit,” het hy gesê.

Sonnyboy Mabena van die BP-vulstasie in Glenfair, Pretoria, het gesê hulle het op die oomblik gas en het byna geen probleme met verskaffers nie.

Al het die BP in Menlopark, Pretoria, nie nou gas nie, ondervind hy ook nie probleme nie.

Volgens Wentzel het The Gas Boys byna altyd gas, want hulle het ’n bergingsgerief en kry gas van oorsee.

“As dit hier winter is, is dit daar somer en het hulle dan ’n oorvloed van gas,” het hy gesê.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.