Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
0 uit 68 Homeopatie se sukseskoers

Homeopatiese middels is niks anders as fopmedisyne nie, is weer eens bewys.

Prof. Paul Glasziou, ’n deskundige in bewysgegronde geneeskunde aan die Bond-universiteit in Brittanje, en sy span het 176 studies waarin die homeopatiese behandeling van 68 siektetoestande bekyk is, gefynkam.

Dit is in opdrag van die Britse gesondheids- en mediese navorsingsraad gedoen, berig die koerant Independent.

Hul gevolgtrekking is dat daar geen betroubare bewys is dat homeopatie die siektes doeltreffend behandel nie.

Daar is geen effek buiten die plasebo-effek nie.

Dit is ’n “terapeutiese doodloopstraat”, skryf Glasziou in ’n blog op die British ­Medical Journal se webblad. Hy is geskok dat dit selfs voorgeskryf word vir malaria en vigs.

“Mense wat homeopatie kies, kan hul lewe in gevaar stel indien hulle ander behandeling wat as veilig en doeltreffend bewys is, uitstel,” sê Glasziou.

Meer oor:  Brittanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.