Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
100 leerlinge in Oos-Kaapse skool toets positief vir Covid-19

’n Ernstige uitbreking van die koronavirus in die Oos-Kaap het daartoe gelei dat byna 100 leerlinge van die Ethembeni High School positief getoets is vir die virus.

’n Massatoets-en-opsporingveldtog is van stapel gestuur.

685 mense, onder wie leerlinge en onderwysers, is vir die virussiekte getoets, luidens ’n verslag van die provinsiale onderwysdepartement. Van die toetsuitslae is nog uitstaande, maar 98 leerling is reeds positief getoets.

552 leerlinge in kwarantyn

552 leerlinge is ook in kwarantyn geplaas.

Die uitbreking van nuwe infeksies by Ethembeni High raak leerlinge en inwoners van Burgersdorp en Middelburg en kom te midde van die skryf van toetsreekse en eksamens.

Loyiso Pulumani, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, is geskok oor die uitbreking by die skool.

Beskermende drag vir moderators

’n Multidepartementele span bestaande uit werkers van die gesondheidsdepartement, openbare werke en die onderwysdepartement het bevind leerlinge is medies geskik om voort te gaan met hul eksamens, luidens Pulumani se verklaring.

Moderators is aangeraai om beskermende drag aan te trek terwyl die leerlinge eksamen skryf en hul toetse gaan vir ’n spesifieke tydperk “gemonitor” word alvorens dit gemerk word.

“Ons span gee uurliks nuwe en opgedateerde inligting deur soos wat hulle die situasie monitor om te bepaal hoeveel matrikulante geïsoleer moet word.

“Die department vir openbare werke het aangedui dat die leerlinge geïsoleer gaan word in Aliwal-Noord. Die leerlinge sal by die sentrum toegelaat word om voort te gaan met hul eksamens,” sê Gade.

Berader vir leerlinge

Die onderwysdepartement het die dienste versoek van ’n berader vir alle leerlinge, en maatreëls in ingestel om te keer dat die leerlinge hul ouers en ander mense in hul gemeenskappe aansteek.

Volgens Gade hou die multidepartementele span die situasie daagliks fyn dop en sal hulle laat weet indien die rampbestuurspan aktiveer moet word.

Kwarantyngeriewe is ook in Steynsburg beskikbaar gestel vir matrikulante wat negatief getoets het, omdat hulle in die inkubasieperiode kan wees.

Volgens Gade wil die regering lewensverlies verhoed, veral waar ouers en families komorbiditeite het.

Meer oor:  Leerders  |  Koronavirus  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.