Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
116 mense in SA vir virus getoets, almal negatief

Daar is nog geen gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19) in Suid-Afrika nie, maar die owerhede bly op ’n gereedheidsgrondslag terwyl gevalle in Suid-Korea en Italië skerp toeneem en sterftes in Iran aangemeld is.

So sê Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios).

“Teen 24 Februarie was 116 mense vir SARS-CoV-2 getoets, van wie 68 onder verdenking was. Al die uitslae was egter negatief. Ons kan bevestig dat daar nog geen bevestigde gevalle in Suid-Afrika was nie en sou ’n geval positief wees, sal Nios dit bekend maak.”

Jimoh sê die instituut werk nou saam met internasionale organisasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om seker te maak dat Suid-Afrika voorbereid vir ’n moontlike geval van die virus is.

“Ons monitor die situasie deurgaans en gaan voort om riglyne vir die Suid-Afrikaanse omstandighede aan die publiek en mediese personeel uit te reik om die algemene begrip van die virus en vinnige identifikasie daarvan te verseker.”

Daar was teen Maandag 200 gevalle van die Covid-19-virus in Italië, terwyl daar Vrydag nog net drie gevalle was. Daar was ook ’n toename in Covid-19-gevalle in Suid-Korea nadat ’n vrou kerkgangers met die virus aangesteek het.

Covid-19 het reeds in Desember verlede jaar in Sentraal-China in die stad Wuhan uitgebreek, waarna die virus wêreldwyd versprei het.

Die virus het moontlik weens die eet van wildsvleis in ’n markie in Wuhan uitgebreek.

Jimoh het ’n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om mediese hulp te gaan soek indien hulle hoes, ’n koors het of kort van asem is tydens of nadat hulle reise na lande onderneem het waar die Covid-19-virus uitgebreek het.

Meer oor:  Nios  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.