Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
12 personeellede van Grey positief
Grey Kollege in Bloemfontein se wapen.

Altesaam 12 personeellede van Grey Kollege se laer- en hoërskool in Bloemfontein het die afgelope ruk te midde van die derde vlaag van die koronaviruspandemie in die Vrystaat positief vir die virus getoets.

Dit kom ’n week nadat gesondheidsowerhede bevestig het die Vrystaat beleef tans sy derde vlaag.

Volgens die nasionale departement van gesondheid was daar teen Vrydag 5 041 aktiewe gevalle in die provinsie.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, het aan Netwerk24 bevestig vier onderwysers, vyf ondersteuningspersoneellede en drie leerlinge van Grey Kollege Primêr het onlangs positief vir die virus getoets. Teen Vrydag het drie onderwysers aan Grey Kollege Sekondêr die virus gehad, met geen nuwe gevalle onder leerlinge nie.

Albei skole bly oop.

Volgens Grey Kollege Sekondêr het drie onderwysers sover die kwartaal positief vir die koronavirus getoets.

’n Onderwyser wat die virus in die vakansie opgedoen het en nog nie weer by die skool was nie, keer Maandag terug.

Nog twee onderwysers wat met mekaar in kontak was, het die afgelope week ’n positiewe uitslag ontvang.

Jurie Geldenhuys, hoof van die laerskool, sê die eerste onderwyser van die vier wat positief getoets het, se kwarantyntydperk is amper verby. Sy keer Woensdag terug.

Die tweede onderwyser se positiewe uitslag was Donderdag bekend en die ander twee s’n Saterdag.

Die vyf ondersteuningspersoneellede is in die afgelope twee weke positief getoets.

Volgens Geldenhuys keer die gr. 7-klas waarin twee leerling positief getoets het, reeds Maandag terug nadat hulle vir tien dae in isolasie was.

Die gr. 3-klas waarin een leerling positief getoets het, sal op 24 Mei terugkeer nadat hulle geïsoleer het.

Geldenhuys sê dit is maklik om ’n klas te isoleer pleks daarvan om die hele skool te sluit, omdat hy ’n “borrelstelsel” volg.

“Die leerlinge bly in die klas en die onderwysers wissel.”

Die onderskeie fases het ook op verskillende tye pouse en die seuns moet in hul klasgroep of borrel bly.

Hy sê Covid-19-maatreëls word streng toegepas.

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Bloemfontein  |  Onderwysers  |  Leerlinge  |  Positief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.