Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
17 in Oos-Kaap positief vir koronavirus

Altesame 17 mense is nou amptelik in die Oos-Kaap met die koronavirus gediagnoseer.

In die Nelson Mandelabaai-metro is agt mense positief getoets. Die mees onlangse bevestigde gevalle in die metro is in Uitenhage, Zwide en Somerstrand, sê Sindiswa Gomba, Oos-Kaapse LUR vir gesondheid.

Die geval in Uitenhage is ’n 50-jarige verpleegster van die Dora Nginza-hospitaal.

Die verpleegster het twee weke gelede, voordat die staat van inperking ingestel is, ’n begrafnis bygewoon waar meer as 100 mense teenwoordig was.

Volgens Gomba het die departement reeds begin om ander begrafnisgangers op te spoor. Die hoof van die betrokke Metodiste Kerk is genader, wat op sy beurt ’n kennisgewing uitgereik het aan diegene wat op die begrafnis was.

“Sedert ons die persone ingelig het oor die verpleegster, het talle na vore gekom om getoets te word.

“Ons het die proses van eliminasie begin en tot dusver het geen ander begrafnisgangers positief getoets nie,” sê Gomba.

Die verpleegster is in selfisolasie by haar huis.

Gomba het ook gesê ’n afgetrede verpleegster van Zwide is positief getoets en in die Livingstone-hospitaal se korona-eenheid opgeneem vir behandeling.

Die dokter van die metro wat positief getoets is, het na verneem word ’n reisgeskiedenis. Dit is egter nog nie duidelik wanneer en waarheen die doktor gereis het nie.

Die oud-Springbok-rugbyspeler Danie Gerber en sy dogter, Elanie, is ook positief getoets vir die koronavirus.

Gerber en Elaine is in self-kwarantyn by sy huis in Blouwaterbaai, Port Elizabeth.

Gerber se vrou, Elsabé, het intussen in ’n vriendin se huis gaan woon terwyl die vriendin en haar gesin nie tuis is nie.

Die oudste persoon in die metro wat die virus onder lede het, is 87 jaar oud, en die jongste is 22 jaar oud.

Die eerste persoon wat in die Oos-Kaap met die koronavirus gediagnoseer is, is ’n 28-jarige vrou van Oos-Londen, wat na Duitsland gereis het. Die vrou word in ’n private hospitaal behandel.

Ander persone in die Oos-Kaap wat die koronavirus onder lede het, is in die Sarah Baartman- en die Amathole-distriksmunisipaliteit.

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.