Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
170 W-Kaapse leerlinge dié week met virus besmet

Die afgelope week is 170 Wes-Kaapse leerlinge positief vir die koronavirus getoets.

Bronagh Hammond, direkteur van kommunikasie van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het Vrydag by navraag gesê dieselfde styging in die getal infeksies soos oor die provinsie heen geld ook onder leerlinge.

Volgens die WKOD se jongste inligting het 87 onderwysers en 12 personeellede ook die virus opgedoen.

Hammond het gesê baie van die infeksies is die gevolg van groepe leerlinge wat ná skool op ’n verjaardagpartytjie of ’n vleisbraai saamgekuier het.

“Ons kan nie ons maatreëls verslap nie – nié op skoolterreine of daarbuite nie. Deur nie by die riglyne te hou nie, plaas leerlinge hulself, hul gesinne en vriende in gevaar.”

Volgens haar is dit nou maar eenmaal so in die gevalle waar groepe leerlinge positief getoets is, het dit met sosiale geleenthede verband gehou.

Die WKOD het ’n beroep gedoen op ouers om verantwoordelikheid te neem en hul kinders se deelname aan groot sosiale gebeure te beperk. Skole is ook weer gevra om dit met hul leerlinge te bespreek.

“Ons glo die pogings deur skole om by die maatreëls te hou, het daartoe bygedra dat die infeksies tot die minimum beperk is. Dit moet ook nou uitgebrei word na wat buite skoolhekke gebeur,” het Hammond gesê.

Meer oor:  Bronagh Hammond  |  Wes-Kaap  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.