Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
1ste Covid-19-geval in Alexandra

Alexandra in Johannesburg het sy eerste Covid-19-geval aangeteken, het die Gautengse departement van gesondheid Maandag bevestig.

Dit kom net 24 uur nadat die eerste geval in die digbevolkte Khayelitsha in die Wes-Kaap aangemeld is.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid is vyf mense tans in kwarantyn nadat hulle in nabye kontak met ’n bevestigde geval was.

Die persoon is getoets en opdrag gegee om in selfisolasie te bly totdat die uitslag bevestig is,” sê die provinsiale departement in ’n verklaring.

Die departement het ook gesê ’n persoon wat positief getoets het vir Covid-19 en wat die regulasie oor selfisolasie verontagsaam en Gauteng verlaat het, is in Limpopo opgespoor. Hy is tans in isolasie in ’n gesondheidsentrum in Limpopo.

“Toe die uitslag bevestig is, het ons met wetstoepassingsagentskappe saamgewerk om hom in Limpopo op te spoor. Hy het die opdrag verontagsaam en die provinsie verlede week verlaat voordat die staat van inperking van krag geword het.

“Almal wat met hom kontak gehad het, is reeds geïdentifiseer, getoets en onder kwarantyn terwyl hulle op die uitslag wag. Ons opsporingspan sal aanhou om nog mense met wie daar moontlik kontak was, op te spoor,” lui die verklaring.

David Makhura, premier van Gauteng, het Sondag op ’n mediakonferensie gesê informele nedersettings en digbevolkte townships is weerloos teen die verspreiding van die koronavirus en dit is moeilik om in dié gebiede voldoende afstand tussen mense te handhaaf om die verspreiding te probeer stuit.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Alexandra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.